Produksiebestuurder: Akkerbou (2 Poste)

Produksiebestuurder: Akkerbou (2 Poste) picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n vooruitstrewende Boerdery in die Settlers distrik in Limpopo, is opsoek na ‘n energieke, raakvat Produksiebestuurder om die Eienaar by te staan in die daaglikse Operasionele Bedrywighede van die Produksie-eenheid.

Die ideale kandidaat het ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel), 5 - 8 jaar ondervinding in die verbouing van Sorghum, Sonneblom, Suikerbone en Springmielies, blootstelling aan besproeiingsbestuur, is netjies op self en werk, stiptelik en gedrewe.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou vermoë om effektief onder druk te funksioneer binne of buite spanverband, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail en eienaarskapmentalitiet met uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Bestuur die totale produksiesiklus van Somergewasse
  • Effektiewe arbeidsbenutting en bestuur deur voorbeeld
  • Besproeiingsbestuur
  • Algemene Administrasie en Rekordhouding
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Ander pligte soos verlang van tyd tot tyd.

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir iemand wat betrokke wil raak by ‘n vooruitstrewende Boerdery waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 9 Julie 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp