Produksiebestuurder: Tabak

Produksiebestuurder: Tabak picture

Ons gewaardeerde bestaande kliënt, ‘n Gemengde Boerdery in die Baltimore distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare Produksiebestuurder om die Tabak vertakking van die Boerdery optimaal en volhoubaar te bestuur.

Die ideale kandidaat het 5 jaar+ eerstehandse ondervinding in die totale produksiesiklus van luggedroogde Tabak, uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasievermoë, dryfkrag en sterk organisasievermoë.

Bogenoemde gekoppel met jou meganiese en elektriese kennis, jou eienaarskapmentaliteit en iemand wat onafhanklik kan werk, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe beplanning en uitvoering van produksiepraktyke
  • Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van toerusting
  • Algehele onderhoud en netheid van die plaas
  • Effektiewe arbeidsbenutting deur die hele produksieproses
  • Grond analise om optimale produksie te verseker
  • Bestuur van bemesting- en plaagbeheerplan
  • Bereiking van optimale produksie
  • Algemene administrasie
  • Brandbestuur en Plaassekuriteit
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd deur eienaars verlang

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2022

Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp