Produksievoorman: Groente

Produksievoorman: Groente picture

Ons kliënt, 'n vooruitstrewende gemengde boerdery in die Baltimore distrik in Limpopo, is op soek na 'n energieke Produksievoorman met 'n eienaarskapmentaliteit om die groente-eenheid in samewerking met die Produksiebestuurder optimaal te bestuur.

Vereistes:

  • Landbougerigte Kwalifikasie sal in jou guns tel
  • 2 - 5 jaar groente (rissies, waatlemoen en botterskorsies) verbouingsondervinding
  • Dryf, sterk organisasievermoë, goeie tydsbestuur en toesighoudende vaardighede
  • Goed onder druk kan werk en fisies fiks wees
  • Sterk meganiese ondervinding en kennis
  • Blootstelling aan Global Gap sal in jou guns tel
  • Geldige bestuurslisensie

Pligte:

  • Effektiewe uitvoering van produksiepraktyke
  • Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van toerusting
  • Algehele onderhoud en netheid van die Plaas
  • Effektiewe arbeidsbenutting deur die produksiesiklus
  • Voldoen aan "Global Gap" standaarde
  • Grond analises om optimale produksie te verseker
  • Bestuur bemesting- en plaagbeheerprogram

Diensaanvaarding 1 Februarie 2022

Markverwante salaris eie aan die bedryf word aangebied vir die ideale kandidaat wat gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes insluit.

Aansoek word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp