Professionele Jagter / Jagkonsessiebestuurder

Professionele Jagter / Jagkonsessiebestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Maatskappy met Jagkonsessies in Botswana, is opsoek na 'n kundige en ervare Professionele Jagter om die Maatskappy se Jagkonsessies optimaal, winsgewend en volhoubaar te bestuur, en nooi ons enkelopende individue wat onafhanklik kan werk met 'n eienaarskapmentaliteit om aansoek te doen.

Die ideale kandidaat is 'n Gesertifiseerde Professionele Jagter met meer as 10 jaar se eerstehandse ondervinding in Suid-Afrika (in Afrika sal tot jou voordeel wees), is ingestel op bo-gemiddelde kliëntediens, het baie goeie kommunikasievaardighede, is netjies op self en omgewing en het 'n passie vir mense en natuurbewaring.

Pligte:

  • Bestuur van Konsessies in samewerking met die Eienaar
  • Ontvang van Jagters
  • Uitneem en begeleiding van Jagters
  • Skep en bestuur van 'n veilige omgewing
  • Omsien na Jagters se behoeftes
  • Onthaal van Jagters
  • Afslag van karkasse
  • Voldoen aan wetgewing en industriereëls
  • Tree op as Maatskappy Ambassadeur
  • Ander pligte soos deur Bestuur verlang van tyd tot tyd.

Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis verblyf in die Ngamiland distrik in Botswana met etes en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Let wel: Die suksesvolle kandidaat sal in Botswana 'n Professionele Jagter toets suksesvol moet aflê.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 13 April 2022

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp