Ons kliënt, ‘n dinamiese Gemengde Boerdery in die Hendrina distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n energieke en pro-aktiewe Bestuurder om die Boerdery se Skaapkudde (Stoet) winsgewend, volhoubaar, koste effektief en optimaal te bestuur.
Die ideale kandidaat het ‘n Landboukwalifikasie met verwante kursusse t.o.v Intensiewe Skaapkuddebestuur (aanbeveel), 5 - 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe en suksesvolle intensiewe bestuur van ‘n Wolskaapkudde, is meganies sterk aangelê en het goeie werkende kennis van algemene Beeswerk.
Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou liefde vir Skape, eienaarskapmentaliteit, geldige Kode 14 Bestuurslisensie (aanbeveel), goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Bestuur die daaglikse operasionele bedrywighede
- Bestuur die implementering van strategie
- Algehele Skaapkuddebestuur
- Dieregesondheid
- Weidingsbestuur
- Veldbestuur
- Voeding en Lekke
- Reproduksiebestuur (Intensiewe Stelsel)
- Bestuur en voorbereiding van Ramme
- Voorbereiding en sinkronisasie van Ooie
- Bestuur Laparoskopieproses
- Bestuur Dragtigheidskandering
- Lamhokbestuur
- Netheid en Biosekuriteit
- Water en Voer
- Monitor
- Assisteer Ooie met Lamproses indien nodig
- Assisteer swak Lammers
- Afsit van Lamsterte
- Skeer
- Reel van Skeerspan
- Bestuur Skeerproses
- Klassifikasie van Wol
- Verpakte Wol na Agente
- Algemene seleksie en identifisering van nie-produserende diere
- Speen van Lammers
- Voorbereiding van Diere vir Veilings
- Algemene Beeswerk en -bestuur
- Dag tot dag beplanning en uitvoer van take
- Konstant verseker dat standaarde aan voldoen word
- Handel take doeltreffend en netjies af
- Effektiewe arbeidsbenutting en lei deur voorbeeld
- Algemene instandhouding
- Akkurate rekordhouding en administrasie inlyn met Telersgenootskap
- Brandbestuur en -voorkoming
- Ander pligte soos bepaal deur die Eienaar van tyd tot tyd
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Sluitingsdatum: 18 Februarie 2025
Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar