Senior Kuddebestuurder: Beeste

Senior Kuddebestuurder: Beeste picture

 

Ons kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Oos Vrystaat is opsoek na 'n ervare Kuddebestuurder vir die effektiewe en volhoubare bestuur van die Boerdery se Stoet en Kommersiële beeskudde, en nooi ons getroude individue wat passievol is oor genetika en teling met minstens 10 jaar eerstehandse ervaring in alle aspekte van die bestuur van 'n groot beeskudde om aansoek te doen.

Die ideale kandidaat het 'n holistiese begrip van korrekte bestuursbesluitneming en akkurate uitvoering daarvan om sodoende suksesvolle eienaarskap te neem met die vermoë om suksesvol te delegeer, koördineer binne 'n gemotiveerde werksklimaat.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou magtigheid in Sotho of Zoeloe, kennis van KI, rekenaarvaardigheid, aanpasbaarheid, bo-gemiddelde kommunikasievermoë, goeie menseverhouding, vermoë om in 'n span te funksioneer, lojaliteit teenoor jou werkgewer (Boerdery) en 'n uitsonderlike eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Optimale en winsgewende bestuur van die beeskudde in oorleg met die eienaar
    • Algehele Kuddebestuur
      • Kuddegesondheid
        • Voorkomende bestuur
        • Identifisering
        • Biosekuriteit
        • Behandeling
      • Weidingsbestuur
        • Beplanning
        • Drukbeweiding
        • Watervoorsiening
        • Aangeplante weiding
      • Voeding
        • Lekke
        • Kruipvoer
        • "Backgrounding"
      • Reproduksie
        • Bestuur van Bulle
        • Seleksie van Bulle, Dekgroepe en Vervangingsverse
        • Dragtigheidsondersoeke
        • Akkurate geboorte-aantekeninge
      • Kalwers
        • Brandmerk
        • Merk
        • Onthoring
        • Weeg
        • Selekteer
    • Voerkraalbestuur
      • Rantsoenbestuur
      • GDT en VOV bestuur
      • Dieregesondheid
      • Mortaliteitsbestuur
  • Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur voorbeeld
  • Bestuur van Veewagters, Perde en rytuig
  • Plaassekuriteit
  • Algehele instandhouding
  • Akkurate Rekordhouding en Administrasie
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Behulpsaam wees met ander vertakkings van die Boerdery soos nodig
  • Ander pligte soos bepaal deur bestuur van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: 1 Februarie 2022

Aansoeke sluit: 22 Januarie 2022

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied vir die ideale kandidaat

Aansoeke slegs deur die skakel word aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp