Senior Bestuursegpaar: Bees en Wild (Botswana)

Senior Bestuursegpaar: Bees en Wild (Botswana) picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Maatskappy met Boerderybelange in Botswana, is opsoek na 'n kundige en ervare Bestuursegpaar om die Wild- en Beesplaas in die Ghazi distrik in Botswana optimaal, winsgewend en volhoubaar te bestuur, en nooi ons egpare wat goed as span funksioneer, onafhanklik kan werk met 'n eienaarskapmentaliteit om aansoek te doen.

Die fokus van die Boerdery is besig om te beweeg meer na die van Beesboerdery en gaan van die kandidate verlang word om 'n Beeskudde op die Plaas te vestig en te bou. Die Plaas ontvang slegs seisoenale Jagters, en sal van die ideale kandidate verwag word om nou saam te werk met die Professionele Jagter en ander personeel.

Man:

Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met ten minste 15 jaar se eerstehandse ondervinding in alle aspekte van Beesboerdery, basiese kennis van Wildplaasbestuur, goeie kommunikasievermoë, uitstekende leierseienskappe met sterk meganies en elektriese kennis.

Pligte:

  • Effektiewe bestuur van Wildsplaas
    • Wildbestuur
    • Voedingbestuur
    • Dieregesondheid
    • Identifiseringsbestuur
    • Bestuur van indringer plantegroei
    • Instandhouding van heinings en Paaie
  • Algehele Beeskuddebestuur
    • Kuddegesondheid
    • Weidingbestuur
    • Produksiebestuur
    • Aankope, bemarking en verkope
    • Getalle monitor
  • Algemene instandhouding
  • Infrastruktuur instandhouding en daarstelling
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit
  • Ander pligte soos verlang van eienaar van tyd tot tyd

Vrou:

Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre Kwalifikasie (aanbeveel) met ondervinding in alle aspekte van Boerdery Administrasie en Gasvryheidsbestuur.

  • Voorraad aankope
  • Algemene Bestuur van Jagkamp
  • Verblyf voorbereiding vir jagters
  • Ontvang van Jagters en Gaste
  • Opstel en onderhoud van akkommondasie inventaris
  • Rapportering van enige onderhoud wat gedoen moet word
  • Algemene administrasie en rekordhouding
  • Bedrewe kennis van Excel en Word

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 5 April 2022

Mededingende salaris eie aan die bedryf, winsdeling, gratis verblyf, gratis water en ligte en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp