Ons gewaardeerde kliënt, 'n Maatskappy met Lodges in die Savuti distrik in Botswana, is opsoek na 'n ervare Bestuursegpaar om twee Lodges optimaal, winsgewend en volhoubaar te bestuur.
Die ideale Bestuursegpaar het 'n eienaarskapmentaliteit, funksioneer goed as 'n span, het 'n fyn oog vir detail, kan effektief lei deur voorbeeld in 'n gemotiveerde kultuur waar werk gedoen word met trots, ywer en tot die beste van almal se vermoë.
Man:
Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre kwalifikasie (aanbeveel) en ten minste 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van 'n Lodge / Besigheid / Wildsplaas.
Bogenoemde gekoppel met jou uitstaande werksetiek, geldige bestuurslisensie en paspoort, sterk meganiese, sonkrag en elektriese kennis met uitstekende kennis van Algemene Bestuursbeginsels, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Vrou:
Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre Kwalifikasie (aanbeveel) en ten minste 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van 'n Lodge / Gastehuis / Hotel/ Wildsplaas
Bogenoemde gekoppel met 'n geldige bestuurslisensie en paspoort, sterk rekenaarvaardigheid en uitsonderlike kliëntediensvaardighede, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n aktiewe Bestuursegpaar wat goed as span funksioneer, wat eienaarskap kan neem met verantwoordelikheid, die besigheid sal bestuur met passie en hulle ervaring wat hulle oor die jare opgedoen het, wil gebruik. Die Lodges is binne 'n Nasionale Park en afgeleë, wat dalk 'n uitdaging vir 'n Egpaar met kinders kan wees.
Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis gemeubileerde behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit : 7 April 2022
Doen asb aansoek as 'n Egpaar deur dié skakel te volg.