Ons gewaardeerde kliënt, 'n gevestigde Gemengde Boerdery in die Harrismith distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n ervare en kundige Senior Plaasbestuurder om die Boerdery koste effektief, volhoubaar en winsgewend te bestuur.
Die ideale kandidaat het 'n Landbou Kwalifikasie (aanbeveel) met meer as 10 jaar se eerstehandse ondervinding in die totale produksiesiklus van somer- en wintergewasse op droëland en onder besproeiing, die bestuur van 'n Produksiebegroting en al die fasette van Skaap- en Beeskuddebestuur.
Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou ondervinding in algemene bestuursbeginsels, goeie menseverhoudings, bo-gemiddelde kommunikasievermoë en leierseienskappe met jou eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Markverwante salaris eie aan die bedryf, 13de tjek, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 28 April 2022
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar