Senior Plaasbestuurder: Tamaties

Senior Plaasbestuurder: Tamaties picture

Ons gewaardeerde kliënt in die Dendron distrik in Limpopo is opsoek na 'n ervare Plaasbestuurder om die tamatieproduksie op ongeveer 60ha te bestuur, en nooi ons individue met 'n eienaarskapmentaliteit wat onafhanklik kan werk om aansoek te doen.

Die ideale kandidaat het 10 jaar + eerstehandse ondervinding in die totale produksiesiklus van groente, veral tamaties, onder besproeiing.

Bogenoemde gekoppel met jou uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasievermoë, dryfkrag en sterk organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe beplanning en uitvoering van produksiepraktyke
  • Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van toerusting
  • Algehele onderhoud en netheid van die plaas
  • Effektiewe arbeidbenutting deur die hele produksieproses
  • Grond analise om optimale produksie te verseker
  • Bestuur van bemesting- en plaagbeheerplan
  • Algemene administrasie

Diensaanvaarding: 1 Oktober 2021

Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp