Senior Plaasbestuurder: Vee

Senior Plaasbestuurder: Vee picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Bothaville distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n energieke en dinamiese Bestuurder om die Bees- en Skaapkudde van die Boerdery koste effektief, volhoubaar, winsgewend en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat het meer as 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Kommersiële Bees- en Skaapkudde.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir Vee, eienaarskapmentaliteit, uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasie- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Die bestuur van die daaglikse bedrywighede
  • Algehele Bees- en Skaapkuddebestuur
    • Kuddegesondheid
      • Identifisering en behandeling
      • Biosekuriteit
      • Voorkomende Bestuur
    • Weidingbestuur
      • Beplanning
      • Watervoorsiening
      • Voeding en Lekke
    • Reproduksie
      • Bestuur van Bulle en Ramme
      • Bestuur van Dekseisoen
      • Dragtigheidsondersoek
      • Kalwer- en Lambestuur
        • Weeg
        • Brandmerk
        • Onthoring
    • Kudde
      • Monitor
      • Getalle
  • Algemene Instandhouding en netheid van area van verantwoordelikheid op die Plaas
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Leierskap deur voorbeeld
  • Bereiking van optimale produksie
  • Akkurate Rekordhouding en Verslagdoening
  • Van tyd tot tyd kan help by die Saai-afdeling van die Boerdery.
  • Enige ander take soos bepaal deur die Eienaar

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 24 Oktober 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp