Nasionale Verkoopsverteenwoordiger

Nasionale Verkoopsverteenwoordiger picture

Ons kliënt, 'n bekende Abattoir en Vleisverwerkingsaanleg, is opsoek na 'n energieke, raakvat en ervare Senior Verkoopsverteenwoordiger wat verantwoordelik sal wees vir die verkope van die Abattoir en Vleisverwerkingsaanleg se produkte.

Die ideale kandidaat het 'n toepaslike Tersiêre Kwalifikasie in Bemarking/Verkope (aanbeveel) met meer as 5 jaar se bewese ervaring van verkope binne die Vinnig Bewegende Verbruikersgoedere omgewing, 'n geldige kode EB-bestuurslisensie, uitstekende kennis van MS Office, veral MS Excel, is hoogs gemotiveerd en teikengedrewe met 'n bewese rekord in verkope. 

Verder het jy uitstekende professionele werkstandaard, goeie beplanning en voorspellingvaardighede, sakevernuf, die vermoë om effektief onder druk in 'n vinnige omgewing te funksioneer, die vermoë het om in 'n multidissiplinêre werksomgewing en matriks te werk, aanpasbaar en veerkragtig wie tydige besluite op grond van feite, omstandighede en behoeftes neem met die vermoë om besigheidsdoelwitte in aflewerings te laat realiseer.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou vermoë om produktiewe professionele verhoudings te bou en in stand te hou, uitstekende verkoops-, onderhandelings- en kommunikasievaardighede in beide Engels en Afrikaans, prioritisering, tydsbestuur, organisatoriese vaardighede sowel as die vermoë om te werk op afstand en meestal op jou eie te doen, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Vestig en handhaaf deurlopende gesonde kliënteverhoudings deur gesonde kommunikasie, ondersteuning, markinligting en effektiewe oplossings
  • Deurlopende werwing en aan boord neem van nuwe kliënte
  • Die bestuur van opbrengste volgens maatskappybeleid
  • Identifisering van produkgroeigeleenthede
  • Handelskoue
  • Suksesvolle oplossing van klagtes van kliënte
  • Bereiking van ooreengekome verkoopsteikens en -uitkomste
  • Koördineer verkoopspogings met spanlede en ander departemente
  • Voorsien bestuur met verslae oor klante se behoeftes, probleme, belangstellings, mededingende aktiwiteite en potensiaal vir nuwe produkte en dienste.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Sluitingsdatum: 31 Januarie 2024

Die suksesvolle kandidaat sal van sy/haar Huis af kan werk en word 'n aantreklike salaris aangebied vir die Senior posisie.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp