Sitrus Produksiebestuurder

Sitrus Produksiebestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Baltimore distrik in Limpopo, is opsoek na ‘n energieke, ervare en kundige Produksiebestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die totale, effektiewe, winsgewende en optimale bestuur van die Produksie-eenheid.

Die ideale kandidaat het 'n toepaslike Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 5 jaar ervaring in die Totale Produksiesiklus van Sitrus, Pakhuisbestuur en werkende kennis van Global Gap.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou rekenaarvaardigheid, vermoë om effektief onder druk te funksioneer binne of buite spanverband, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail en eienaarskapmentalitiet met uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Bestuur die totale produksiesiklus van Sitrus
    • Bestuur van besproeiing, bemestings- en plaagbeheerprogramme
  • Pakhuisbestuur
    • Bestuur om kwaliteit produkuitset
    • Akkuraatheid en konsekwentheid wat Pakhuisprosesse verseker
    • Akkurate administratiewe bestuur met die fokus op rekordhouding
    • Weeklikse beplanning en implimentering
    • Vooruitskatting en bestel van Pakhuisvoorraad
    • Verpakkingsbeplanning en skedulering
    • Optimale uitpakpersentasies
    • Gehaltebeheer en voedselveiligheid
  • Effektiewe arbeidsbenutting en bestuur deur voorbeeld
  • Hantering van Oudits (Global Gap)
  • Begroting- en Kostebestuur
  • Algemene Administrasie en Rekordhouding
  • Plaassekuriteit en -netheid

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 15 September 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, behuising, selfoontoelaag en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp