Sitrus Produksiebestuurder

Sitrus Produksiebestuurder picture

Ons bestaande kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Marble Hall distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare, kundige en energieke Produksiebestuurder om die Boerdery koste-effektief, winsgewend, volhoubaar en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel) meer as 5 jaar blootstelling aan die Produksiesiklus van Sitrus, het ondervinding in besproeiingsbestuur met werkende kennis van Global Gap en/of SIZA, en is iemand met 'n eienaarskapmentalitiet wat goed kan beplan.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou vermoë om effektief onder druk te funksioneer binne of buite spanverband, jou uitstekende leierseienskappe en jou fyn oog vir detail, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Bestuur die totale produksiesiklus van Sitrus
  • Aanplant en uitbreiding van boorde, besproeiing en infrastruktuur
  • Effektiewe arbeidsbenutting en bestuur deur voorbeeld
  • Hantering van oudits (DAFF, GlobalGap en SIZA)
  • Begroting- en Kostebestuur
  • Bestuur van bemestings- en plaagbeheerprogramme
  • Skedulering van besproeiing
  • Algemene Administrasie en Rekordhouding
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Bydra tot die sukses van die Groep

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 24 November 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf met voordele word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp