Sitrus Produksiebestuurder

Sitrus Produksiebestuurder picture

Ons bestaande kliënt, 'n Diverse Boerdery in die Letsitele distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare, kundige en energieke Produksiebestuurder om die Eienaar by te staan om die Boerdery koste-effektief, winsgewend, volhoubaar en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud,  het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel) meer 5 - 10 jaar blootstelling aan die Produksiesiklus van Sitrus, het ondervingding in besproeiingsbestuur, werkende kennis van Global Gap en/of SIZA en is iemand met 'n eienaarskapmentalitiet wat goed kan beplan.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou vermoë om effektief onder druk te funksioneer binne of buite spanverband, jou uitstekende leierseienskappe en jou fyn oog vir detail, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Bestuur die totale produksiesiklus van Sitrus
  • Aanplant en uitbreiding van boorde, besproeiing en infrastruktuur
  • Effektiewe arbeidsbenutting en bestuur deur voorbeeld
  • Hantering van oudits
  • Begroting- en Kostebestuur
  • Bestuur van bemestings- en plaagbeheerprogramme
  • Skedulering van besproeiing
  • Algemene Administrasie en Rekordhouding
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 11 Februarie 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp