Stoorman

Stoorman picture

Ons gewaardeerde kliënt, AL3 Boerdery, het 'n posisie beskikbaar vir 'n jong, energieke en pro-aktiewe Stoorman om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe bestuur van een van die Boerdery se Voorraadstore.

Die ideale kandidaat het Matriek (Tersiêre Kwalifikasie sal in jou guns tel), 2 - 5 jaar ondervinding in die effektiewe bestuur van 'n Voorraadstoor met kennis van Landboutoerusting-onderdele.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou rekenaarvaardigheid, goeie menseverhoudinge en uitstekende administrasievaardigheid, sien ons uit na jou aansoek. 

Pligte:

  • Voorraadbeheer en -bestuur
  • Gereelde voorraadopnames
  • Voorraadgetalle deurgee aan die Aankopebestuurder
  • Vriendelike effektiewe kliëntediens
  • Voorraad akkuraat op stelsel ontvang en uitgee
  • Netheid van Stoor en omgewing

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 15 Julie 2022

Markverwante salaris eie aan die bedryf

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp