Streekbestuurder: Verkope (4 poste)

Streekbestuurder: Verkope (4 poste) picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Landbou-onderneming wat spesialiseer in die verkope van Hommeltuie vir die bespuiting van gewasse, Hommeltuig Vlieënieropleiding en die Konsultasie in Presisieboerdery, is opsoek na energieke en ervare Streekbestuurders om verantwoordelikheid te aanvaar vir Verkope en Kliëntediens vir nuwe Bedryfspunte in verskeie Streke in Suid-Afrika.

Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel), is 'n gelisensieerde Hommeltuig Vlieënier (aanbeveel) en het 5 - 10 jaar ondervinding in die Landbou Chemie Bedryf as konsultant en/of verkope.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou bo-gemiddelde onderhandelingsvermoë, goeie kommunikasie- en organisatoriesevaardighede, detail ge-oriënteerd met sterk leierseienskappe en positiewe ingesteldheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Optimale, volhoubare en winsgewende bestuur van die Streek
  • Diens- en produkverbetering aanbevelings en insette om die potensiaal op verkope en kliëntetevredenheid te verbeter
  • Ontmoet gereeld met kliënte om ontwikkelende behoeftes te bespreek en die kwaliteit van die Maatskappy se verhouding te evalueer
  • Implementeer bemarkingstrategieë en aksieplanne om die implementering van die plaaslike verkoopsprogramme te fasiliteer
  • Handhaaf tegniese en professionele kennis
  • Vestiging van Netwerke
  • Bereiking van doelwitte in ooreenstemming met die strategieë en beleid van die Maatskappy
  • Bestuur verkoopsdoelwitte deur verwagte verkoopsvolume te projekteer en verkoopskwotas vir gebiede en die streek te voorspel en te ontwikkel
  • Konstante bewustheid rondom ekonomiese aanwysers, veranderende tendense, vraag en aanbod en mededingers
  • Dra positief by deur verwagte resultate te behaal
  • Ontwikkel en implementeer nuwe programme, verkoopsinisiatiewe en strategieë om sleuteldemografieë vas te lê
  • Dokumenteer kliëntinteraksies en bestuur van data rondom aktiwiteite, rekeninge en vennote
  • Verseker die doeltreffendheid van kruisverkope-aktiwiteite
  • Organiseer opleiding vir nuwe personeel en kliënte
  • Ontwikkel en hersien langtermyn-verkoopstrategieë

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 15 Augustus 2022

Mededingende salarispakket eie aan die bedryf word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp