Veearts

Veearts picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n vooruitstrewende Groep van Besighede met Plase in Polokwane distrik en ander areas in Limpopo, is opsoek na 'n pas gekwalifiseerde Veearts om by die Groep aan te sluit.

Die ideale kandidaat het 'n voorliefde vir die Reproduksiebestuur van Intensiewe Skaapboerdery (Stoet) en Wildboerdery.

Bogenoemde gekoppel met jou goeie kommunikasievermoë, uitstekende leierseienskappe, eienaarskapmentaliteit en vermoë om effektief binne en buite spanverband te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Primêr (Intensiewe Skaapboerdery)
    • Effektiewe en volhoubare Reproduksiebestuur
      • Sinkronisaie van Ooie
      • Laparoskopie inseminasie van Ooie
      • Vrugbaarheidstoetse op Ramme
      • Semen kolleksie en stoor
      • Dragtigheidsondersoeke
      • Nadoodse ondersoeke
    • Algehele kuddegesondheid
      • Voorkomend
      • Effektiewe reaktiewe behandeling
  • Sekondêr (Wildboerdery)
    • Dart van Wild
    • Behandeling van siek diere
  • Ander pligte soos verlang van eienaar van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 23 Mei 2022

Mededingende salaris eie aan die bedryf met voordele.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp