Veld- en Weidingsbestuurder

Veld- en Weidingsbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n 5 Stêr Privaat Wildreservaat in die Thabazimbi distrik in Limpopo, is opsoek na 'n energieke Bestuurder om die Reservaat se Veld (Flora) en Weiding effektief te bestuur.

Die ideale kandidaat is enkellopend met ‘n Landbou- of Natuurbewaringskwalifikasie (aanbeveel) en 2 - 5 jaar uitgebreide kennis in die bestuur van Veld (Flora) en Weiding in die Bosveld.

Bogenoemde gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, stiptelikheid en geldige bestuurslisensie, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe bestuur van die Reservaat se Veld (Flora)
  • Weidingsbestuur
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Bestuur van indringerplante
  • Voedingsbestuur
  • Rekordhouding en Verslagdoening
  • Enige ander pligte soos versoek van tyd-tot-tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 26 Mei 2024

Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp