Verkoopsverteenwoordiger: Landbou-saad

Verkoopsverteenwoordiger: Landbou-saad picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Landbou-onderneming wat spesialiseer in die verkope van Mielie-, Sojaboon en ander Graansade, is opsoek na 'n energieke en ervare Verkoopsverteenwoordiger om verantwoordelikheid te neem vir verkope en kliëntediens in die Reitz/Bethlehem distrik van die Vrystaat.

Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Landbou- of Bemarkingskwalifikasie (aanbeveel) met 5 - 15 jaar kommersiële verkoopsondervinding in Landbou-saad en 'n geldige bestuurslisensie wie rekenaargeletterd is.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou bo-gemiddelde onderhandelingsvermoë, goeie kommunikasie- en organisatoriesevaardighede, detail ge-oriënteerd met sterk leierseienskappe en positiewe ingesteldheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Vestig, ontwikkel en onderhou sakeverhoudinge met huidige kliënte en voornemende kliënte
  • Identifiseer prioriteitsprodukte vir area van verantwoordelikheid
  • Stel bestaande en potensiële kliënte gereeld in kennis van produktenuus
  • Bevorder prioriteitsprodukte gebaseer op kliënte se behoeftes en produkvoordele
  • Toon 'n goeie kennisbasis en begrip van die produkte sowel as opposisieprodukte
  • Volg die geskiedenis van klanteverkope en sukseskoerse op om herhaalde bestellings te verseker
  • Identifiseer produkontwikkelingsbehoeftes in verkoopsarea
  • Neem aktief deel aan die beplanning, uitvoering en evaluering van semi-kommersiële en/of kommersiële proewe en demonstrasies, en aanbieding van velddae
  • Omskep suksesvolle proefresultate in nuwe sakegeleenthede en bestellings
  • Diens- en produkverbetering aanbevelings en insette om die potensiaal op verkope en kliëntetevredenheid te verbeter
  • Ontmoet gereeld met kliënte om ontwikkelende behoeftes te bespreek en die kwaliteit van die Maatskappy se verhouding te evalueer
  • Handhaaf tegniese en professionele kennis
  • Vestiging van Netwerke
  • Bereiking van doelwitte in ooreenstemming met die strategieë en beleid van die Maatskappy
  • Bestuur verkoopsdoelwitte deur verwagte verkoopsvolume te projekteer en verkoopskwotas vir gebiede en die streek te voorspel en te ontwikkel
  • Konstante bewustheid rondom ekonomiese aanwysers, veranderende tendense, vraag en aanbod en mededingers
  • Dra positief by deur verwagte resultate te behaal
  • Lewer insette in die ontwikkeling en implementering nuwe programme, verkoopsinisiatiewe en strategieë om sleuteldemografieë vas te lê
  • Dokumenteer kliëntinteraksies en bestuur van data rondom aktiwiteite, rekeninge en vennote
  • Verseker die doeltreffendheid van kruisverkope-aktiwiteite
  • Lewer insette in die ontwikkeling en hersien langtermyn-verkoopstrategieë

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 10 Maart 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, skootrekenaar, selfoon, voertuigtoelaag, reistoelaag met 'n aantreklike kommissiestruktuur en aansporingsbonus word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp