Verteenwoordiger

Verteenwoordiger picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Landbou-onderneming wat spesialiseer in die verkope van Sorghumsaad en verwerking van Sorghum, is opsoek na 'n energieke en ervare Maatskappy Verteenwoordiger om verantwoordelikheid te neem vir verkope, aankope, kontraktering en algemene kliëntediens.

Die ideale kandidaat het 'n verwante Tersiêre Landbou- of Bemarkingskwalifikasie (aanbeveel) met 2 - 5 jaar kommersiële ondervinding tot die Pos, 'n diepgaande begrip van plantwetenskap, grondgesondheid en landboupraktyke en is in staat om hierdie kennis te gebruik om effektiewe gewasbestuurstrategieë te ontwikkel.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, uitstekende waarnemings- en analitiese vaardighede, vaardig in die gebruik van landbousagteware en -tegnologie, sterk skriftelike en verbale kommunikasievaardighede en jou uitstekende menseverhoudinge, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Vestig, ontwikkel en onderhou sakeverhoudinge met huidige kliënte en voornemende kliënte
  • Stel bestaande en potensiële kliënte gereeld in kennis van produktenuus
  • Toon 'n goeie kennisbasis en begrip van die produkte sowel as opposisieprodukte
  • Volg die geskiedenis van klanteverkope en sukseskoerse op om herhaalde bestellings te verseker
  • Identifiseer produkontwikkelingsbehoeftes in verkoopsarea
  • Neem aktief deel aan die beplanning, uitvoering en evaluering van semi-kommersiële en/of kommersiële proewe en demonstrasies, en aanbieding van velddae
  • Omskep suksesvolle proefresultate in nuwe sakegeleenthede en bestellings
  • Diens- en produkverbetering aanbevelings en insette om die potensiaal op verkope en kliëntetevredenheid te verbeter
  • Ontmoet gereeld met kliënte om ontwikkelende behoeftes te bespreek en die kwaliteit van die Maatskappy se verhouding te evalueer
  • Handhaaf tegniese en professionele kennis
  • Vestiging van Netwerke
  • Bereiking van doelwitte in ooreenstemming met die strategieë en beleid van die Maatskappy
  • Bestuur verkoopsdoelwitte deur verwagte verkoopsvolume te projekteer en verkoopskwotas vir gebiede en die streek te voorspel en te ontwikkel
  • Konstante bewustheid rondom ekonomiese aanwysers, veranderende tendense, vraag en aanbod en mededingers
  • Dra positief by deur verwagte resultate te behaal
  • Lewer insette in die ontwikkeling en implementering nuwe programme, verkoopsinisiatiewe en strategieë om sleuteldemografieë vas te lê
  • Dokumenteer kliëntinteraksies en bestuur van data rondom aktiwiteite, rekeninge en vennote
  • Verseker die doeltreffendheid van kruisverkope-aktiwiteite
  • Lewer insette in die ontwikkeling en hersien langtermyn-verkoopstrategieë

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer in ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 8 September 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp