Vragmotorbestuurder

Vragmotorbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n vooruitstrewende Boerdery in die Dendron distrik het 'n posisie beskikbaar vir 'n Vragmotorbestuurder om varsprodukte na markte te vervoer en nooi ons individue wat stiptelik, netjies, betroubaar en trots is op hulle werk is om aansoek te doen.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskap mentaliteit, 'n geldige Kode 14 bestuurslisensie met 'n geldige PDP, jou bereidwilligheid om lang ure te werk en jou 2 - 3 jaar ongeluksvrye langafstandvervoer ondervinding, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte sal onder andere die volgende insluit:

  • Uiterste netheid op self en op vragmotor
  • Instandhoudingskontrole
  • Laai en aflaai van produkte
  • Hak en afhak van sleepwaens
  • Veilige sleep van vragte
  • Stiptelikheid
  • Rekordhouding
  • Rapportering
  • Enige ander pligte soos deur Bestuur bepaal van tyd tot tyd

Markverwante vergoeding eie aan die bedryf met behuising word aangebied aan die ideale kandidaat.

Diensaanvaarding: 1 November 2021

Aansoeke sluit 19 Oktober 2021

Aansoeke slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp