Instandhoudingsbeampte

Instandhoudingsbeampte picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n vooruitstrewende Boerdery in die Waterpoort distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare, kundige en energieke Instandhoudingsbeampte om die instandhouding, herstel en diensbaarheid van infrastruktuur en toerusting op die Plaas koste effektief te bestuur.

Die ideale kandidaat het ‘n Tersiêre Kwalifikasie (aanbeveel) met meer as 10 jaar meganiese-ketelmaker- (boiler making) en/of elektriese agtergrond sowel as algemene-instandhouding agtergrond van geboue, plaasvoertuie, -werktuie, -implemente, en besproeiing.

Pligte:

  • Herstel en instandhouding van plaasvoertuie, -werktuie en -toerusting
  • Herstel en Instandhouding van besproeiing- en waterinfrastruktuur
  • Voorkomende- en algehele onderhoud
  • Meganiese en Elektriese herstel
  • Elektriese koppelings en foutopsporing
  • Effektiewe bestuur van die afdeling
  • Om alle dag tot dag take deeglik en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang

Diensaanvaarding: 1 Junie 2022

Aansoeke sluit: 15 Mei 2022

Mededingende salaris eie aan die bedryf, behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied. 

Aansoeke slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp