Werkswinkelbestuurder / Instandhoudingsbestuurder

Werkswinkelbestuurder / Instandhoudingsbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n vooruitstrewende Sitrus en Groente Boerdery in die Baltimore distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare, kundige en energieke Werkswinkel- / Instandhoudingsbestuurder om die Boerdery se instandhouding, herstel en diensbaarheid van infrastruktuur en toerusting koste effektief te bestuur.

Die ideale kandidaat het ‘n Tersiêre Kwalifikasie (aanbeveel) met meer as 10 jaar meganiese-ketelmaker- (boiler making) en/of elektriese agtergrond sowel as algemene-instandhouding agtergrond van geboue, plaasvoertuie, -werktuie, -implemente, en besproeiing.

Pligte:

  • Herstel en instandhouding van plaasvoertuie, -werktuie en -toerusting
  • Herstel en Instandhouding van besproeiing- en waterinfrastruktuur
  • Voorkomende- en algehele onderhoud
  • Meganiese en Elektriese herstel
  • Elektriese koppelings en foutopsporing
  • Effektiewe bestuur van die afdeling
  • Om alle dag tot dag take deeglik en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang deur Bestuur

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 30 April 2022

Mededingende salaris eie aan die bedryf, 13de tjek, gratis behuising met water en ligte, huishulp, tuinwerker en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied. 

Aansoeke word slegs deur hierdie skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp