Dieselwerktuigkundige en Onderhoudsbeampte

Dieselwerktuigkundige en Onderhoudsbeampte picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n gevestigde en gediversifiseerde Boerdery in die Vivo distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare en energieke Werktuigkundige en Onderhoudsbeampte om verantwoordelik te wees vir die Instandhouding van die Boerdery se voertuie, trekkers, implemente, toerusting en infrastruktuur.

Die ideale kandidaat is getroud, is sterk meganies, met 'n Diesel Rooiseel Kwalifikasie, kennis van die nuutste tegnologie wat in die Landbou gebruik word soos Sonkraginstallasies, Elektriesebesparingoplossings, Pakstoortoerusting en GPS Sisteme (sal in jou guns tel) en meer as 10 jaar ondervinding tot die posisie, netjies op self en werk, kan goed binne en buite spanverband funksioneer, stiptelik, trots op werk met 'n positiewe uitkyk.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou kennis van die nuutste tegnologie wat in die Landbou gebruik word (Sonkraginstallasies, GPS sisteme, Elektriesebesparingoplossings, Pakstoortoerusting) eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk en jou vermoë om onafhanklik te funksioneer binne 'n werksomgewing waar werk met trots, netjies en akkuraat gedoen word, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Werkswinkelbestuur
    • Bestuur van onderdelevoorraad en bestellings
    • Bestuur van alle Gereedskap
    • Dienste te koördineer, beplan, en reël met Diensverskaffers soos van toepassing
    • Monitering en koördinering van voertuig dienste
    • Beroepsveiligheidbestuur
    • Verslagdoening en ondersoeke
    • Prioritiseer van daaglikse take
    • Kwaliteitsbestuur en -administrasie
    • Personeelbestuur
    • Algemene Rekordhouding
    • Ad hoc-take
    • Netheid in en om die Werkswinkel
  • Onderhoudsbestuur
    • Foutopsporing en herstelwerk aan voertuie en masjinerie
    • Foutopsporing, diens en herstelwerk op Plaasvoertuie, -implemente en -toerusting
    • Elektrisiteit en Loodgieterwerk
    • Spilpunte
    • Pakhuistoerusting
    • Instandhouding, oprigting en herstel aan Infrastruktuur
    • Diens van voertuie en vragmotors
    • Sweis- en Staalwerk
  • Om alle dag tot dag take deeglik en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang

Diensaanvaarding: Teen Maart 2025

Aansoeke sluit: 12 Februarie 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp