Ons gewaardeerde kliënt, 'n Wildplaas en Lodge in die Musina distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare en energieke Bestuursegpaar of Individu wat verantwoordelik sal wees vir die besigheidsontwikkeling, bemarking, volhoubare finansiële groei, winsgewendheid en effektiewe bestuur van die Plaas van 4 000ha.
Die ideale Bestuursegpaar/persoon het uitgebreide kennis van Wildsplaas-, Jag- en Hospitaliteitsbestuur, en kan goed saamwerk in spanverband met die vermoë het om die besigheid te bestuur met 'n eienaarskapmentaliteit.
Plaasbestuurder (Man)
Die ideale kandidaat, wat die kontakpunt van die onderneming sal wees, is toegewyd, het 'n holistiese begrip van korrekte bestuursbesluitneming, effektiewe bemarking en akkurate uitvoering om suksesvolle eienaarskap te neem, is ‘n geregistreerde Professionele Jagter/Jaguitruster (Limpopo), het 'n geldige bestuurslisensie met PDP en meer as 5 jaar bewese besigheidservaring op die gebied met toegang tot ‘n Internasionale kliëntenetwerk.
Pligte
- Algemene en Entiteitsbestuur
- Bestuur van besigheids-strategie, beide gefokus op finansiëlegroei en kliëntetevredenheid
- Identifiseer nuwe markte en kliëntbehoeftes
- Interaksie met voornemende kliënte
- Effektiewe bemarking deur Internasionale Skoue
- Bevorder en bestuur die Besigheid se dienste om aan kliënte se behoeftes te voldoen
- Verseker dat die wetsbepaalde reëls en riglyne nagekom word
- Begrotingsbestuur
- Rekordhouding van kliëntebasis, inkomste, uitgawes, fakture ens.
- Verskaf betroubare terugvoer en ondersteuning
- Bou en bestuur van langtermynverhoudings met nuwe en bestaande kliënte
- Samestelling van aantreklike jagpakette, vervoer, maaltye en akkommodasie
- Reel en organiseer kliënte se jag van begin tot einde
- Verkryging van nodige permitte wat die kliënt in staat stel om wettig te jag
- Tree op as Ambassadeur van die Besigheid
- Bestuur die dag-tot-dag se Operasionele Bedrywighede
- Aktiewe bemarking en verkryging van Jaguitrusters, plaaslike en Internasionale Jagters/Gaste
- Noue samewerking met Jaguitrusters
- Algemene administrasie, rekordhouding en verslagdoening
- Voorraadbeheer en voorraadbestelllings
- Kamerkontroles
- Personeelopleiding
- Die handhawing van 'n hoë diensetiek en standaard
- Bestuur van inventarisse
- Wildplaasbestuur
- Dieregesondheid
- Algemene Instandhouding
- Effektiewe arbeidsbenutting
- Brandbestuur en -voorkoming
- Plaassekuriteit en -netheid
- Infrastruktuur instandhouding
- Bestuur van indringerplante en instandhouding van paaie en heinings
- Voedingsbestuur
- Jagbestuur
- Ontvang van plaaslike en Internasionale Jagters
- Uitneem van Jagters op Jagte
- Verwerking en afslag van karkasse
Lodgebestuurderes (Vrou)
Die ideale kandidaat het ‘n na-skoolse kwalifikasie (aanbeveel) en meer as 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n Lodge/Gastehuis/Hotel met gesonde kliënteverhoudings
Bogenoemde gekoppel met jou sterk rekenaarvaardigheid, fyn oog vir detail, ‘n geldige bestuurslisensie met PDP, en 'n fyn ingesteldheid vir kwaliteit met sterk leierseienskappe en persoonlikheid, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Bemarking van die Plaas en Lodge
- Ontvang en verwerking van besprekings
- Ontvang van Gaste
- Voorhuispligte
- Kamerkontroles
- Personeelopleiding
- Aankope, verkryging en beheer
- Onderhandel met verskaffers
- Koördinering van dag-tot-dag Lodge aktiwiteite en pligte
- Kommunikasie van gaste se behoeftes en spesiale versoeke
- Die handhawing van 'n hoë diensetiek en standaard
- Help met die implementering en instandhouding van stelsels en prosedures
- Bestuur van lodge-inventarisse
- Optree as Gasheer en Ambassadeur van die Plaas
Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n professionele Egpaar/Individu met die vermoë om die Besigheid te bestuur met 'n eienaarskapmentaliteit.
Diensaanvaarding: 1 April 2025
Aansoeke sluit: 9 Februarie 2025
Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Doen asb aansoek as Individu deur diè skakel of doen aansoek as 'n Egpaar deur diè skakel