Wildsplaasbestuurder

Wildsplaasbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n vooruitstrewende Groep van Besighede met 'n Wildsplaas van 3000ha in die Ellisras distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare Wildsplaasbestuurder om die dag tot dag bestuur van die Wildsplaas te hanteer, en nooi ons individue wat onafhanklik kan werk met 'n eienaarskapmentaliteit om aansoek te doen.

Die ideale kandidaat is getroud en het ten minste 10 jaar eerstehandse ondervinding in alle aspekte van die bestuur van eksotiese/skaars wild, wat die teel van Leeus insluit.

Bogenoemde gekoppel met jou goeie kommunikasievermoë, uitstekende leierseienskappe, 'n geldige bestuurslisensie en ondervinding in die bewaring van Fauna en Flora, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe onafhanklike bestuur van die Wildsplaas
    • Wildbestuur
    • Veldbestuur
    • Teelregisterbestuur
    • Voedingbestuur
    • Dieregesondheid
    • Hou van akkurate rekord ten opsigte van bloedlyne
    • Identifiseringsbestuur
    • Passiewe vang van wild en die skuif van wild
  • Algemene instandhouding
  • Infrastruktuur instandhouding
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit
  • Ander pligte soos verlang van eienaar van tyd tot tyd

Die Plaas ontvang slegs Internasionale Gaste, en sal van die ideale kandidaat verwag word om nou saam te werk met die Lodgebestuurder, die Professionele Jagter en ander personeel.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Mededingende salaris eie aan die bedryf (wat medies en pensioen insluit), gratis verblyf in 'n 3 slaapkamer huis, gratis water en ligte, huishulp, tuinwerker en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied. Alle kostes vir skoolgaande kinders sal jaarliks deur die werkgewer betaal word.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp