Wildsplaasbestuurder

Wildsplaasbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt in die Vaalwater distrik in die Limpopo Provinsie teel skaars wild op 'n 2000ha plaas en is opsoek na 'n ervare Wildsplaasbestuurder om die dag tot dag bestuur van die Wildsplaas te hanteer, en nooi ons individue wat onafhanklik kan werk met 'n eienaarskapmentaliteit om aansoek te doen.

Die ideale kandidaat het 'n Landbou- of Natuurbewaringskwalifikasie en ten minste 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur en teel van skaars wild, veral Buffels.

Bogenoemde gekoppel met jou geldige wapenhantering sertifisering, 'n geldige PDP, 'n Beroepsjagter Sertifikasie en ondervinding in die bewaring van Fauna en Flora, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe bestuur van Wildsplaas
    • Wildbestuur
      • Teelregisterbestuur
      • Voedingbestuur
      • Dieregesondheid
      • Hou van akkurate rekord ten opsigte van bloedlyne
      • Identifiseringsbestuur
      • Passiewe vang van wild
      • Wildveilings bywoon
  • Algemene instandhouding
  • Infrastruktuur instandhouding
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit
  • Ander pligte soos verlang van eienaar van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: 1 Oktober 2021

Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis verblyf in 'n 3 slaapkamer huis en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp