Baie welkom by Plaasbestuurder. Landbou is die ruggraat van ons ekonomie en neem druk proporsioneel toe op die bedryf met die toename in bevolkingsgroei. Agter hierdie hele Landbouwaardeketting is 'n indidvidu wat ons na verwys as 'n Boer, 'n unieke passie-gedrewe individu, wat altyd optimisties is, wat hoopvol is, wat afhanklik is van die natuur, wat toegewyd is, wie hoë morele waardes het, wie waardigheid het, wie 'n harde werker is, wat 'n swaar werklading het, wat lief is vir wat hy doen en God vertrou in alles wat hy doen.
Met die groter vraag na veral voedsel, het Plaasbestuur en Boerderybestuur die afgelope dekade ontwikkel tot 'n meer gesentreerde wetenskaplike benadering om te verseker dat maksimum produksie per hektaar behaal word, ongeag met wat geboer word. Die aanwending van moderne tegnologie en akkurate data is drywers in die besluite wat Boere neem in die bestuur van die Boerdery, en is dit belangrik dat Plaasbestuurders aanpas by die manier waarop ons nou boer.
Plaasbestuurder.co.za is gestig deur Vernon Hambrock, 'n ervare Boer, wat uitgebreide ondervinding in Personeelwerwing en Konsessiehouerseleksie opgedoen het gedurende die tydperk wat hy in Seniorbestuur by Senwes en Vodacom gedien het. Vernon verstaan, uit eie ondervinding, die uitdagings wat Boere in Suid- Afrika en Namibië het om kundige kandidate vir vakatures in Boerdery te identifiseer, en is vertroud met die kandidaatprofielvereistes van veral Plaasbestuurders. Plaasbestuurder.co.za spesialiseer in die werwing van kandidate uitsluitlik vir Boere en Landboubesighede en is ons trots op ons werwingsproses wat verseker dat ons kandidate nie net die nodige kundigheid, kennis en bekwaamheid het wat verwag word nie, maar ons sorg dat hulle ook die vereiste karaktertrekke en nodige aanpasbaarheid het om goed by die Boerdery se kultuur in te pas.
Plaasbestuurder Akademie, ’n inisiatief van Plaasbestuurder.co.za, is gestig om jong mans en dames tussen 18 en 25 jaar, wat ’n opregte passie en roeping vir landbou het, toegang te gee tot kwaliteit teoretiese en praktiese opleiding. Met ons ondervinding in personeelwerwing en begrip van die vaardighede wat Boere van kandidate verwag, bied ons ’n opleidingsprogram wat fokus op praktiese en tegniese kundigheid sowel as die ontwikkeling van sagte vaardighede soos leierskap, kommunikasie, spanwerk en probleemoplossing.
Dit is noodsaaklik dat jong kandidate voorbereid is om die werkplek te betree en oor sleutel-werksvaardighede beskik wat hulle in staat sal stel om in vandag se arbeidsmark mee te ding. Studente kry presiese vaardighede en kennis om te presteer, en leer waardevolle vaardighede wat hulle nie net bemagtig nie, maar ook selfvertroue in hul werk gee. Studente van die program is beter voorberei om produktief te wees en het ’n duideliker begrip van wat verwag word.
"Plaasbestuurder, waar Boere verseker is van kwaliteit kandidate, en kandidate verseker is van volhoubare Loopbane"
Eienaar