Meer oor Plaasbestuurder.co.za

Baie welkom by Plaasbestuurder.co.za. Landbou is die ruggraat van ons ekonomie en neem druk proporsioneel toe op die bedryf met die toename in bevolkingsgroei. Agter hierdie hele Landbouwaardeketting is 'n indidvidu wat ons na verwys as 'n Boer, 'n unieke passie-gedrewe individu, wat altyd optimisties is, wat hoopvol is, wat afhanklik is van die natuur, wat toegewyd is, wie hoƫ morele waardes het, wie waardigheid het, wie 'n harde werker is, wat 'n swaar werklading het, wat lief is vir wat hy doen en God vertrou in alles wat hy doen.

Met die groter vraag na veral voedsel, het Plaasbestuur en Boerderybestuur die afgelope dekade ontwikkel tot 'n meer gesentreerde wetenskaplike benadering om te verseker dat maksimum produksie per hektaar behaal word, ongeag met wat geboer word. Die aanwending van moderne tegnologie en akkurate data is drywers in die besluite wat Boere neem in die bestuur van die Boerdery, en is dit belangrik dat Plaasbestuurders aanpas by die manier waarop ons nou boer.

Plaasbestuurder.co.za is gestig deur Vernon Hambrock, 'n ervare Boer, wat uitgebreide ondervinding in Personeelwerwing en Konsessiehouerseleksie opgedoen het gedurende die tydperk wat hy in Seniorbestuur by Senwes en Vodacom gedien het. Vernon verstaan, uit eie ondervinding, die uitdagings wat Boere in Suid- Afrika en Namibiƫ het om kundige kandidate vir vakatures in Boerdery te identifiseer, en is vertroud met die kandidaatprofielvereistes van veral Plaasbestuurders.

Plaasbestuurder.co.za spesialiseer in die werwing van kandidate uitsluitlik vir Boere en Landboubesighede en is ons trots op ons werwingsproses wat verseker dat ons kandidate nie net die nodige kundigheid, kennis en bekwaamheid het wat verwag word nie, maar ons sorg dat hulle ook die vereiste karaktertrekke en nodige aanpasbaarheid het om goed by die Boerdery se kultuur in te pas.

"Plaasbestuurder.co.za behartig jou boerdery se werwingsproses, sodat jy 100% op jou boerdery kan fokus."

Meer oor ons

Vernon Hambrock picture

Vernon Hambrock

Eienaar

Click here to contact us on WhatsApp