Plaasbestuurder Akademie

Sep 18, 2025
Plaasbestuurder Akademie picture

Plaasbestuurder Akademie is ’n inisiatief van Plaasbestuurder.co.za met die doel is om jong mans en dames tussen 18 en 25 jaar, met ’n passie vir landbou, toe te rus met die kennis, vaardighede en selfvertroue wat nodig is om suksesvol die landboubedryf binne te gaan. 

Met jare se ervaring in personeelwerwing en 'n deeglike begrip van vaardighede wat Boere soek, het ons 'n twee maande opleidingsprogram ontwikkel wat nie net fokus op tegniese kundigheid nie, maar ook op leierskap, kommunikasie, spanwerk en probleemoplossing. 

As student by die Akademie sal jy deel wees van ’n leeromgewing wat fokus op ons kernwaardes:

Passie vir Landbou – Ontdek en kweek jou liefde vir die grond, diere en mense.

Integriteit – Werk met eerlikheid, betroubaarheid en deursigtigheid.

Leierskap en Spanwerk – Lei en werk saam om sukses te behaal.

Volhoubaarheid – Beskerm hulpbronne en bou ’n verantwoordelike toekoms.

Innovasie en Aanpasbaarheid – Dink kreatief, pas aan en vind nuwe oplossings.

Indien jy glo dat Landbou jou roeping is en jy jou plek in die bedryf wil bou, nooi ons jou uit om die kontakvorm te voltooi.

Plekke is beperk, en ons moedig jou aan om vroegtydig te reageer.

Click here to contact us on WhatsApp