10 Wenke vir 'n effektiewe onderhoud

10 Wenke vir 'n effektiewe onderhoud picture

Om 'n onderhoud met ‘n kandidaat te voer is ‘n belangrike fase in die werwingsproses en is dit nodig om die tyd en energie te neem om voor te berei vir die voer van ‘n effektiewe onderhoud en deel ons graag ‘n paar wenke: 

  1. Beplan die struktuur van die onderhoud

Met 'n georganiseerde struktuur, vooropgestelde vrae en ‘n plan vir die onderhoud, sal jy op koers bly en in beheer van die onderhoud wees sonder om te veel af te dwaal met die natuurlike vloei van die gesprek en is dit belangrik dat elke onderhoud dieselfde basiese struktuur volg soos, (a) gee inligting van die Boerdery/ Maatskappy, kultuur en die beskikbare posisie, (b) vra vrae aan die kandidaat oor sy/haar ervaring, vaardighede en meer, (c) gee die kandidaat 'n toer van die plaas / fasiliteite, (d) laat tyd toe vir finale vrae en kommentaar, (e) sluit die onderhoud af

       2. Trek 'n vraelys op

Die regte vrae kan jou presies vertel wat jy wil weet oor 'n potensiële kandidaat. Fokus vrae op gebiede wat die meeste saak maak: vaardighede, ervaring, loopbaandoelwitte en persoonlikheid. 'n Algemene reël is om die vrae te organiseer deur die verskillende gebiede, begin met die eenvoudiger ja-of-nee vrae en beweeg dan aan na vrae wat meer in diepte antwoorde vereis.

  • Vaardigheidsvrae - is om seker te maak die kandidaat kan doen wat sy CV of Profiel sê hy/sy kan doen bv: (a) As (beskryf situasie) gebeur het, hoe sou jy dit hanteer?, (b) Was jy al ooit deel van 'n span wat nie goed saamgewerk het nie?, (c) Hoe het jy dit hanteer?, (d) Watter unieke vaardighede kan jy tot die Boerdery/Maatskappy bydra?
  • Ervaringvrae - Wanneer jy oor ervaring vra vrae, is dit belangrik om te verhoed dat jy net doelloos oor 'n kandidaat se CV of Profiel gaan, vra direkte vrae oor vorige werkservaring om vermoë te bepaal en laat die kandidaat toe om jou deur natuurlike gesprek deur die CV of Profiel te vat en die ervarings wat die meeste relevant is vir die beskikbare posisie uit te lig bv., (a) Watter vorige werkservaring maak jou die beste kandidaat vir hierdie posisie? (b) Wat is 'n negatiewe ervaring wat jy met 'n kollega of werker gehad het, hoe het jy dit hanteer en wat het jy daaruit geleer?, (c) Beskryf 'n tyd wat jy iemand se mening verander het, (d) Wat sal jy as jou grootste professionele prestasie beskou?, (e) Hoe sou jy jou huidige of mees onlangse werk beskryf?
  • Loopbaandoelwittevrae - Die landbouwerwingsproses is kompleks, tydrowend en iets wat jy nie gereeld wil doen nie. Dit beteken dat 'n ideale kandidaat een is met voornemens om vir ‘n lang termyn by jou Boerdery te bly, en is dit om hierdie rede belangrik om vrae te vra oor 'n kandidaat se loopbaandoelwitte om te verstaan of hy/sy van plan is om by te dra tot jou Boerderydoelwitte en te groei met jou besigheid bv., (a) Wat is jou korttermyn-loopbaandoelwitte?, (b) Wat is jou langtermyn loopbaandoelwitte?, (c) Waar sien jy jouself oor 5 jaar?, (d) Watter uitdagings soek jy in hierdie posisie?, (e) Hoekom het jy aansoek gedoen?
  • Persoonlikheidsvrae – Met persoonlikheidsvrae wil jy seker wees dat die kandidaat nie net die nodige vaardighede het om die werk te doen nie, maar ook die eienskappe het om by die Boerderykultuur aan te pas bv., (a) Hoe werk jy onder druk? (b) Hoe sou jy jou persoonlikheid beskryf?  (c) Jou werksetiek? (d) Wat motiveer jou? (e) Waaroor is jy passievol? (f) Wat toets jou geduld wanneer jy met ander mense werk

       3. 'n Kontrolelys 

Werkonderhoude kan senutergend wees vir kandidate, veral as die onderhoudvoerder voortdurend afkyk om notas te neem terwyl die kandidaat vrae beantwoord. 'n Effektiewe kontrolelys moet tegniese vaardighede, ervaring, beskikbaarheid en ander noodsaaklike eienskappe insluit, terwyl ander items op die lys aangeteken kan word met 'n skaal van 1 tot 10. 'n Kontrolelys kan jou help om beter te luister en meer betrokke te bly. 

       4. Kandidaat se CV/Profiel

Lees elke kandidaat se CV/Profiel voor die onderhoud weer deur sodat jy hierdie inligting kan gebruik om een of twee unieke vrae oor vorige ervarings en vaardighede te beplan. Deur dit te doen, sal jy jou professionaliteit demonstreer, respek en wys dat jy die kandidaat se tyd waardeer. As jy die CV/Profiel weer lees, maak ook seker dat jy gelyktydig deur jou kontrolelys gaan vir volledigheidshalwe en sodoende verseker dat tydens die onderhoud fokus op die evaluering van eienskappe, soos charisma, aanbieding, professionaliteit, lyftaal en so aan.

      5. Deel gespreksonderwerpe met die kandidaat 

Die hele werwingsproses in die algemeen is baie stresvol vir kandidate en wanneer 'n kandidaat uiteindelik 'n onderhoud met die werkgewer toegestaan word, word die druk net meer intens. Om die spanning van die werkonderhoud te verlig, kies werkgewers dikwels om vooraf 'n paar of al die besprekingsonderwerpe met die kandidaat te deel wat kandidate tyd gee om antwoorde voor te berei en hul beste voetjie voor te sit. Wanneer 'n kandidaat in 'n onderhoud instap wat voorberei is, sal hy/sy met meer vertroue kommunikeer en gemaklik genoeg voel om natuurlik en getrou aan hulself op te tree.

Met jou lys van voorbereide vrae, kontrolelys en "wedstrydplan" vir die onderhoud, is jy nou gereed om met die kandidate te vergader om jou volgende stêrwerknemer te vind. Onthou, die onderhoud is nie 'n ondervraging vir jou om uit te vind wat jy wil weet nie. Kandidate kan steeds besluit of hulle die posisie sal aanvaar indien dit aangebied word of nie. Daarom is dit belangrik om jouself en jou Boerdery op die beste moontlike manier te verteenwoordig vanaf die oomblik dat jy hand skud.

      6. Hoe om 'n onderhoud te begin

Nadat inleidings gemaak is en die ys gebreek is, verlig die druk van die situasie verder deur 'n gemaklike atmosfeer te skep deur eers te verduidelik hoe die onderhoud gaan vloei, praat oor die posisie en jou maatskappy. Begin deur kortliks jou Boerderybedrywighede te verduidelik, wat dit onderskei van ander, en jou maatskappy doelwitte, waardes en missie. Beskryf die posisie en hoe hierdie rol sal bydra tot die Boerdery se korttermyn- en langtermyndoelwitte en die voordele van die werk. Deur dit te doen gee jy die kandidaat tyd om in die gesprek te vestig en geïnspireer te word deur die geleentheid om by die Boerdery aan te sluit. Dit is belangrik om gesprekke natuurlik as moontlik te laat vloei, maar maak ook seker om nie tyd te verloor met doellose gesprekke of om af te wyk van jou "wedstrydplan" nie.

       7. Gee die kandidaat 'n toer

Die meeste van ons aansoeke vir Plaasbestuurderposte is individue wat getroud is en 'n gesin het, en is dit belangrik om kandidate 'n toer van die plaas, behuising en fasiliteite te gee sodat die kandidaat ook 'n ingeligte besluit kan neem. Baie van ons kliënte doen 'n groot deel van die onderhoud sommer gedurende die toer van die plaas en vind ons dat dit kandidate toelaat om hulle kennis en ervaring te demonstreer. 

       8. Laat tyd toe vir die kandidaat om vrae te vra

Voordat 'n onderhoud beëindig word, is dit van kritieke belang om tyd toe te laat vir enige vrae of kommentaar wat die kandidaat kan hê, en kan 'n kandidaat se vrae, in baie gevalle, sy ware kundigheid en ervaring openbaar.

      9. Hoe om 'n onderhoud te beëindig

Nadat jy tyd toegelaat het vir die kandidaat om vrae te vra en/of enige kommentaar te lewer, is dit tyd om die onderhoud af te sluit, maak seker om die kandidaat bedank vir sy/haar tyd, belangstelling in die posisie en verduidelik aan die kandidaat hoe en wanneer hulle gekontak sal word met inligting oor die volgende stappe.

Werkgewers maak soms die fout om iemand dadelik die posisie aan te bied voordat hulle ander kandidate deur die onderhoudproses gegaan het, en alhoewel dit die potensiaal het om die die regte besluit te wees, is dit dalk beter om jouself tyd te gee om oor al die kandidate te dink. Die kandidaat het ook die tyd nodig om oor die nuwe uitdaging te dink en is die aanstelling van 'n nuwe werknemer is  'n groot besluit wat jou boerdery direk sal beïnvloed.

Deur die stappe hierbo te volg, sal dit maklik wees om tot 'n finale besluit te kom oor vir wie 'n aanbod tot betrekking te maak, 'n duidelike begrip te hê van wie die regte eienskappe, vaardighede en ervaring het om die pos te vul en 'n positiewe bydraer tot jou Boerdery te word.

Hier is 'n laaste wenk om jou te help om jou finale besluit te neem.

    10. Raadpleeg ander

Soms is die besluit oor wie om in diens te neem nie so voor die hand liggend nie, jy het dalk meer as een gekwalifiseerde kandidaat vir die rol, of miskien het jy 'n moeilike besluit tussen 'n kandidaat wat al die vaardighede het, maar nie die charisma en 'n ander wat baie charisma het nie, maar nie soveel ervaring het nie. 

As jy sukkel om jou finale besluit te neem, reik uit na jou span - veral die werknemers wat gereeld saam met die persoon sal werk. Hierdie werknemers sal unieke insig hê in die rol en in staat wees om sekere punte wat jy dalk oor die hoof sien, uit te lig. Met hulle hulp kan julle dit debateer terwyl jy jou die kontrolelys hersien en saam 'n ingeligte besluit neem.

Aan die einde van die dag kom die sukses van 'n werkonderhoud neer op een ding: die gehalte van die kandidaat. Deur van Plaasbestuurder.co.za se dienste gebruik te maak, word jy gewaarborg van gekwalifiseerde kandidate. Plaasbestuurder.co.za het 'n uitgebreide netwerk, kom vanuit en werk eksklusief in Landbou. Plaasbestuurder.co.za kan gekontak word via hul webwerf www.plaasbestuurder.co.za, per e-pos [email protected] of kontak Vernon direk by 082 779 7788 om jou behoeftes met hom te bespreek.

“Laat ons op jou personeelwerwing fokus sodat jy 100% op jou Boerdery kan fokus.”

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp