"7 voordele vir Boere"

"7 voordele vir Boere" picture

Met die spesialiseringsvlakke wat van Plaasbestuurders vereis word, kan dit nogal 'n uitdaging raak om die ideale kandidaat te werf en kan die proses baie tydrowend wees om 'n vakature te vul en lys ons graag die 7 voordele wat Plaasbestuurder.co.za se werwingsdiens bied.

  1. Ons bespaar jou tyd - In jou Boerdery is jy besig met jou daaglikse bedrywighede, en om 'n gejaagde aanstellingsproses by te voeg, kan uitdagend wees en kan dikwels met jou daaglikse take inmeng, en is dit een van die redes waarom baie Boere personeelwerwing aan Plaasbestuurder.co.za oorlaat en eerder op die belangrike aspekte van hulle Boerdery fokus.
  2. Ons doeltreffende werwingsproses - Personeelwerwing ontwrig daaglikse operasionele bedrywighede as daar nie 'n span is wat verantwoordelik is vir personeelwerwing nie. Behalwe dat 'n advertensie opgetrek moet word, die vakature bemark moet word, moet Boere konstant telefoniese navrae hanteer, aansoeke deurgaan, kortlyste opstel, verwysings kontak om dan eers by die onderhoud stadium uit te kom, aanbod om betrekking op te trek en wag dat die aanbod aanvaar word. Om jou personeelwerwing in Plaasbestuurder.co.za se hande te los, spaar jou tyd en hulpbronne, en kan ons dikwels die werwingsproses van weke verminder tot 'n paar dae.
  3. Kandidate van hoë gehalte - Boere wat self kandidate werf vir vakatures kan dalk nie altyd kandidate van hoë gehalte lok nie. Plaasbestuurder.co.za het toegang tot hoog gekwalifiseerde kandidate op verskillende spesialisgebiede. Benewens ons toegang tot goeie kandidate, kan ons ook help met die werwing van hoogs bekwame proffesionele persone wat reeds gevestig is en elders werk.
  4. Mededingende voordeel - Groter ondernemings, kan in gevalle, die spreekwoorderlike "room van die oes" kandidate werf en aanstel en vind kleiner ondernemings hulself dikwels mededingend benadeel. Groter ondernemings gebruik nie net personeelagentskappe nie, maar hulle het ook toegang tot 'n proffesionele netwerk wat kan bydrae tot die werwing van ideale kandidate. Boere kry hierdie mededingende voordeel wanneer van Plaasbestuurder.co.za se dienste gebruik gemaak om dieselfde toegang tot hoogs gekwalifiseerde kandidate te kry.
  5. Ons kostevoordeel - Een van die grootste voordele van Plaasbestuurder.co.za se diens is die kostefaktor. Ons lae oorhoofsekostestruktuur en kleiner winsmarges stel ons in staat om die kompenterende kostevoordeel aan ons Boere deur te gee in ons fooistruktuur, en is die eenmalige standaard fooi eers betaalbaar nadat die kandidaat aangestel is en fisies begin werk het.
  6. Tydelike werwing - Kandidate vir korttermyn-werksgeleenthede gedurende oestyd en ander besige tydperke, kan Plaasbestuurder.co.za nie net vind wat onmiddelik kan begin werk nie, maar ons het ook toegang tot kandidate wat aktief opsoek is na tydelike werk.
  7. Effektiewe plasings - Al Plaasbestuurder.co.za se plasings word vir drie maande gewaarborg en ons bedien die hele Suid-Afrika, en of dit nou 'n intreevlak-pos of 'n senior rol is, ons kan vir jou die perfekte kandidaat vind vir die pos wat jy wil vul.

Deur van Plaasbestuurder.co.za se dienste gebruik te maak, word jy gewaarborg van gekwalifiseerde kandidate. Plaasbestuurder.co.za het 'n uitgebreide netwerk, kom vanuit en werk eksklusief in Landbou. Plaasbestuurder.co.za kan gekontak word via hul webwerf www.plaasbestuurder.co.za, per e-pos [email protected] of kontak Vernon direk by 082 779 7788 om jou behoeftes met hom te bespreek.

“Laat ons op jou personeelwerwing fokus sodat jy 100% op jou Boerdery kan fokus.”

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp