Eienskappe van 'n suksesvolle Plaasbestuurder

Eienskappe van 'n suksesvolle Plaasbestuurder picture

Dit is ongetwyfeld nie 'n maklike taak om 'n Plaas te bestuur nie. Suksesvolle Plaasbestuurders weet wat op die Plaas gebeur, hulle het doelwitte en planne (lang- en korttermyn), ondernemingskennis, weet wie die rolspelers is, definieer hulle eie werk en weet wat van hulle verwag word.

Suksesvolle Plaasbestuurders het die nodige kennis en kundigheid in hulle spesialiteitsgebied, produksietegnologie, bemarkingstegnieke, meganiesekennis, het kennis van toepaslike wetgewing, en kennis van basiese bestuursbeginsels, bv. beplanning, organisering en beheer.

Goeie Plaasbestuurders is sensitief vir gebeure en is ingestel op dit wat op die Plaas gebeur. Hulle gebruik akkurate data om besigheidsbesluite te neem en bestuur personeel met die nodige leierskapvaardighede binne ‘n kultuur waar werk gedoen word met trots, ywer en tot die beste van almal se vermoë.

Besluitnemingsvermoë: In enige Bestuursposisie word van Bestuurders verwag om besluite te neem, en word van hierdie besluite geneem met behulp van logiese- en optimaliseringstegnieke. Sekere besluite vereis die vermoë om voor- en nadele op te weeg binne 'n onseker of dubbelsinnige situasie, wat op sy beurt weer 'n hoë vlak van oordeel of selfs intuïsie vereis. 

Suksesvolle Plaasbestuurder het suksesvol oordeelsvaardighede ontwikkel, hulle het die vermoë om dubbelsinnigheid en onsekerheid te hanteer, en 'n balans tussen die noodsaaklikheid te tref deur subjektiewe gevoelens gelei te word sonder om objektiewe logika te ignoreer.

Interpersoonlikevaardighede: Een van die belangrikste kenmerk van ‘n suksesvolle Plaasbestuurder is goeie interpersoonlikevaardighede wat noodsaaklik is in die daaglikse aktiwiteite soos effektiewe kommunikasie, effektief te kan delegeer, suksesvol te kan onderhandel, effektiewe konflikbestuur, goeie oorredingsvermoë, winsgewende verkoop van produkte, en die effektiewe hantering van gesag.

Emosionele Intelligensie: Plaasbestuurders word blootgestel aan emosionele spanning wat ontstaan as gevolg van natuurlike werksituasies soos, leierskap konflik, interpersoonlike konflik, doelwitte en sperdatums, alles binne 'n raamwerk van 'n mate van onsekerheid en dubbelsinnigheid. Die suksesvolle Plaasbestuurder moet voldoende emosionele intelligensie hê om die situasies te hanteer deur selfbeheersing en nie toe te laat dat die situasie hom/haar permanent vervorm nie.

Proaktiwiteit: Is die neiging om doelgerig op gebeure te reageer. Doeltreffende Plaasbestuurders het doelwitte om te bereik, hulle weet hulle kan nie alles vooraf noukeurig beplan nie en moet soms vinnig reageer op sekere situasies. Effektiewe Plaasbestuurders slaag daarin om effektief op die onmiddellike situasies te reageer sonder om die algehele- en langtermyndoelwitte uit die oog te verloor, terwyl die minder suksesvolle Bestuurder op 'n relatief ondeurdinkte manier uitdagings bestuur en hanteer.

Hierdie kategorie van vermoë sluit ook eienskappe in soos om 'n taak deur te sien, toegewyd te wees, 'n gevoel van missie te hê en verantwoordelikheid te neem vir dinge wat gebeur eerder as om iemand anders of aspekte buite beheer te blameer, soos die weer, die werkgewer, die regering, of verskaffers.

Kreatiwiteit: Kreatiwiteit is die vermoë om met nuwe planne vorendag te kom, om die insig te hê om nuwe planne te toets en eers dan te implementeer. Dit behels nie net om self nuwe idees te hê nie, maar ook die vermoë om 'n goeie idee te herken wanneer dit van 'n ander bron aangebied word.

 “Op voete te kan dink”: Gegewe die gejaagde aard van Plaasbestuur is hierdie ‘n noodsaaklike eienskap vir sukses. Alhoewel hierdie vermoë verband hou met algemene intelligensievlak, sluit die konsep van 'op voete te kan dink' die vermoë in om probleme vinnig te begryp, om aan verskeie dinge gelyktydig te dink, om vinnig van een probleem of situasie na 'n ander oor te skakel en om vinnig die hele situasie te sien eerder as om deur al sy komponente te werk.

Gebalanseerde leergewoontes en vaardighede: Suksesvolle Plaasbestuurders is in staat tot abstrakte denke sowel as konkrete praktiese denke. Hulle kan konkrete idees relatief vinnig met abstrakte idees (en omgekeerd) in verband bring. Hierdie vermoë stel die bestuurder in staat om eie teorieë uit die praktyk te genereer en praktiese idees uit teorie te ontwikkel.

Die vermoë om 'n verskeidenheid verskillende leerprosesse te gebruik is nodig vir jou sukses as Plaasbestuurder.

(a) insette - blootstellingsonderrig, bv. 'n Kursus of ‘n Tersiêre Instelling of 'n Mentor

(b) ontdekking - persoonlike ervarings;

(c) refleksie -  'n proses om bestaande ervaring en idees te analiseer en te herorganiseer.

Selfkennis: Wat ook al die Plaasbestuurder doen, word op een of ander manier beïnvloed deur hul eie siening van hul posisie, hul rol en deur hul doelwitte, waardes, gevoelens, sterk punte, swakhede en 'n magdom ander persoonlike faktore. As 'n bestuurder dan 'n relatief hoë mate van selfbeheersing oor hul optrede moet behou, moet hulle bewus wees van hierdie selfeienskappe en van die rol wat hulle speel om hul gedrag te bepaal. Die suksesvolle Plaasbestuurder moet vaardighede van introspeksie ontwikkel.

Al agt hierdie eienskappe sal individue beslis help om 'n suksesvolle Plaasbestuurders te wees en die gewenste doelwitte te bereik. Behalwe vir moderne toerusting en plaasbestuursagteware, moet ‘n Plaasbestuurder buigsaam en oopkop wees om doeltreffendheid en beter resultate te behaal. Met 'n rigiede ingesteldheid sal dit 'n uitdaging wees om doelwitte te bereik en suksesvol te wees as Plaasbestuurder.

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp