"Vertroue op jou Plaas"

"Vertroue op jou Plaas" picture

"Mense volg leiers uit keuse, sonder vertroue kry jy op die beste nakoming." - Jesse Lyn Stoner, skrywer van "Full Steam Ahead." 

Vertroue is die grondslag van verhoudings - huwelike hang daarvan af, ons verhouding met ons kinders, sakevennote floreer of wankel as gevolg daarvan, en dit dra dieselfde gewig met ‘n werkgewer / werknemer verhouding. Die meeste kliënte wat Plaasbestuurder.co.za kontak oor ‘n vakante Bestuurderpos, soek ‘n Bestuurder met eienaarskapmentaliteit wat take deeglik sal deur voer. 

Wanneer ons na besighede kyk met ‘n lae personeelomset, is daar gewoonlik een algemene faktor - vertroue. Wanneer vertroue tussen werkgewer/werknemer en tussen kollegas hoog is, dryf dit innovasie, sorg dit vir die fyn detail, bevorder dit verhoudings en kort voor lank loop almal die extra myl, en die finale produk……..eienaarskapmentaliteit.

Hoe meer interaksie daar van spanlede vereis word om die werk gedoen te kry, hoe meer krities is vertroue vir die gesondheid van die besigheid en is vertroue die sleutelbestanddeel vir sukses. Die mees effektiewe leiers is bewus en ingestel op hulle eie interaksies, reaksies en kommunikasie in verskeie situasies en verstaan hulle hoe hulle keuse in reaksie vertroue opbou of afbreek. 

Wanneer ons ander mense vertrou, reageer ons positief, het ons 'n verhoogde verdraagsaamheid vir tekortkominge, is ons meer geneig om idees met mekaar te deel en spring ons in om te help waar nodig. Wanneer vertroue ontbreek, is ons versigtig in ons benadering, ons verdedigingsmeganismes is oorgelaai, en hou ons ons idees en gedagtes vir onsself.

Jou reaksie op ‘n situasie voorspel hoe jy alle toekomstige situasies gaan hanteer en skep 'n rippeleffek, bv. jou werknemer kom na jou toe met 'n probleem: Hulle het per ongeluk 'n gedeelte van jou buurman se weiding met “Round Up” gespuit, - as jy jou humeur in die hitte van die oomblik verloor, gaan jy begin om stelselmatig hulle vertroue te verloor en gaan hulle waarskynlik hulle ongewenste gedrag in die toekoms verskuil deur dit self te probeer regmaak of net voort te gaan asof dit nooit gebeur het nie. As vertroue ontbreek en interaksie met die eienaar vermy word waar moontlik, begin werknemers "raai" oor hoe om die situasie op hul eie te hanteer, en kan dit duur gevolge hê. 

As jy met jou werknemer saamwerk om die probleem op te los, sal hulle die gevoel van vertroue hê en sal waarskynlik meer gemaklik voel om met toekomstige kwessies na jou toe te kom.

Kom ons kyk na hoe om prakties vertroue in jou Boerdery te bou en hoe Boere vertroue kan groei met hulle Plaasbestuurspan.

Deursigtigheid en Eerlikheid - Effektiewe leiers is deursigtig in alle kommunikasie en word 'n kultuur van eerlikheid gebou waar werknemers vertrou dat dit wat gesê word, die waarheid is, en handelinge tussen werkgewer en werknemer eenvoudig en regverdig is. 

Waardeer jou Werknemers – Werknemers is meer waardevol as net 'n blote uitgawe op jou Inkomstestaat. Die opbrengs van jou belegging in jou "menslike kapitaal" word versnel wanneer jy op mense se sterk punte kapitaliseer. Effektiewe leiers weet dat elke werknemer ‘n emosionele wese is met 'n stel inherente talente en tekortkominge, en dat dit belangrik is om  werknemers toe te laat om te bou op hul sterk punte, sodat hulle kan groei en waarde toevoeg, terwyl hulle ook aanmoedig moet word om hard te werk aan gebiede wat hulle swak punte uitlig. 

Besit jou fouteIn organisasies met hoë vertouensverhoudings, probeer leiers nie om hul eie foute weg steek of te verbloem nie. Wanneer ‘n span misluk, neem leiers eienaarskap van die situasie en werk om 'n oplossing te vind. ‘n Vingerwysende kultuur is ‘n giftige kultuur wat jy nie in jou besigheid wil hê nie, en is een wat gebore word uit verdedigende spanlede. Een van my kliënte vertel my dat wanneer iets skeefloop by hom, praat hy en sy bestuur oor waar die "proses" misluk het en hoe om te verseker dat dit nie die volgende keer weer gebeur nie. Hulle ontleed onder andere of die kommunikasieketting gebreek het en of daar 'n goed gedefinieerde proses was. Deur so die probleem te ontleed elimineer hy die menslike emosie en help dit 'n oplossingsgedrewe probleemoplossingsproses. 

Die bevordering van spankragleiers - Modelleer wat aanvaarbare kommunikasie is en hoe gesonde interaksie onder spanlede lyk. Leiers lei deur voorbeeld en lê die grondslag vir hoe besprekings hanteer word wanneer dit kom by verskillende idees oor die hantering van situasies en bevorder dit 'n atmosfeer van vertroue. 

Verstewig Spandinamika - Strategieë om spandinamika te verstewig, sluit in om positiewe terugvoer te gee, oorwinnings saam te vier en krediet te gee wanneer die span goed saam presteer. Skep subkomitees, gelei deur die span, om die span outonomie en ruimte te gee om saam te groei. Ek het gesien hoe plase werknemer gedrewe veiligheidskomitees en voortgesette opleidingkomitees skep om nuwe tegnieke te help ontwikkel en meer oor nuwe tegnologie te leer. 

Vertroue is soos die reën: Jy het dit nodig om sterk, gesonde gewasse te groei. Sonder vertroue sal werknemers nie groei nie, nie bydra tot die groei van jou boerdery nie, en nie die omgee en doeltreffende span wees wat nodig is vir sukses nie. Neem die tyd om jou verhoudings met jou werknemers te koester en vertroue te bou om 'n florerende span te laat groei.

Deur van Plaasbestuurder.co.za se dienste gebruik te maak, word jy gewaarborg van gekwalifiseerde kandidate. Plaasbestuurder.co.za het 'n uitgebreide netwerk, kom vanuit en werk eksklusief in Landbou. Plaasbestuurder.co.za kan gekontak word via hul webwerf www.plaasbestuurder.co.za, per e-pos [email protected] of kontak Vernon direk by 082 779 7788 om jou behoeftes met hom te bespreek.

“Laat ons op jou personeelwerwing fokus sodat jy 100% op jou Boerdery kan fokus.”

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp