Hoekom adverteer Plaasbestuurder.co.za nie salaris nie?

Hoekom adverteer Plaasbestuurder.co.za nie salaris nie? picture

Op soek na 'n nuwe loopbaangeleentheid is niemand se gunsteling tydverdryf nie en is dit 'n lang en tydrowende proses. Jy soek deur posbeskrywings en kry 'n paar uitgesoekte poste waaroor jy opgewonde is, die posvereistes stem ooreen met jou vaardighede, kennis en passie, en jy soek gretig na die salaris. Jy hoop die salaris is in lyn met wat jy nodig het, net om die gevreesde woorde te lees "markverwante vergoeding".

Ons het almal dieselfde ervaring al gehad en die meeste kandidate wil weet wat die salaris is voordat hulle aansoek doen om seker te maak hulle mors nie hul tyd op 'n geleentheid wat nie aan hul behoeftes kan voldoen nie. So, as ‘n werksgeleentheid wat met ‘n salaris gelys word, meer aansoeke kry, waarom adverteer Plaasbestuurder.co.za nie die salaris met werksgeleenthede nie?

Die rede is eenvoudig, Plaasbestuurder.co.za is altyd opsoek na kandidate wat 'n goeie pas in ‘n vakante pos sal wees en nie net iemand wat op soek is na 'n beter salaris nie. Om nie die salaris aanbod in die werksgeleentheid te adverteer nie, is 'n manier wat ons gebruik om kandidate se belangstelling te toets. Ja, ‘n salaris is 'n belangrike rede om van werk te wissel, maar dit behoort nie die enigste rede te wees nie. Ons wil seker maak dat die Boerdery se kultuur, onder andere, 'n goeie pas vir kandidate is en dat ons kandidate 'n goeie pas vir die Boerdery sal wees.

Die meeste van die tyd sal ‘n salaris wat saam met 'n werksgeleentheid ge-adverteer word 'n aanduiding vir die gemiddelde kandidaat wees, maar sommige van ons kliënte is bereid om die ekstra myl vir 'n werklik buitengewone kandidaat te stap en kan ‘n ge-adverteerde laer salaris daardie uitsonderlike kandidaat se aansoek laat verlore gaan, selfs al is die geleentheid 'n perfekte pas vir daardie Kandidaat.

Salaris is belangrik, maar dit behoort nie die enigste dryfveer te wees nie. Sonder om 'n salaris vir ‘n werksgeleentheid te adverteer, kan kandidate besin oor hulle belangstelling in die werk, seker maak dat hulle alle posvereistes nakom en nadink oor waarom die werk hulle belangstelling prikkel.

Plaasbestuurder.co.za vereis tydens die aansoekproses van ons kandidate om hul huidige salaris en verwagte salaris aan te dui. Ons raad aan kandidate is om eerlik te wees in die bepaling van hul finansiële behoeftes en om realisties in hulle verwagte salaris te wees. ‘n Lae verwagting kan beteken dat jy nie in jouself en jou vermoëns glo nie, terwyl 'n te hoë salarisverwagting in vergelyking met jou huidige salaris kan beteken dat jy net aansoek doen met die hoop om meer geld te verdien. Salarisverwagting is niks anders as die prys wat jy op jou vaardigheid plaas nie, terwyl 'n salaris aanbod niks anders is as wat 'n werkgewer bereid is om vir jou vaardighede te betaal nie.

Beplan om te onderhandel. Sodra jy die salaris weet, hetsy of dit nou tydens die onderhoud of in die werksaanbod is, beplan om te onderhandel as die salaris laer is as jou behoeftes of verwagtinge. Wees gereed om jou unieke vermoëns en vaardighede te verkoop om aan die werkgewer te wys dat jy die buitengewone kandidaat is waarvoor hulle die ekstra salaris wil betaal.

Hou in gedagte vergoeding gaan nie net oor salaris nie, voordele speel ook 'n groot rol in jou vergoeding en Boerderye kan 'n paar kreatiewe alternatiewe hê.

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp