Moet Ek 'n Teenaanbod Oorweeg?

Moet Ek 'n Teenaanbod Oorweeg? picture

Dit gebeur van tyd-tot-tyd dat werkgewers ‘n teenaanbod sal oorweeg sou ‘n werknemer bedank om ‘n ander Pos te aanvaar, en is dit raadsaam om voor jou bedanking te oorweeg hoe jy ‘n moontlike teenaanbod gaan hanteer.

Baie mense ontvang nooit 'n teenaanbod nadat hulle bedank het nie, maar dit is raadsaam om jouself voor te berei op die moontlikheid van ‘n teenaanbod sodat jy vooraf weet wat om te sê, en sal jou antwoord afhang van 'n verskeidenheid faktore.

As jou huidige werkgewer probeer om jou te kry om te bly, hoef jy nie dadelik die besluit te neem nie, maar gee jouself tyd om daaroor na te dink en sal antwoorde op die volgende vrae jou dalk kan help. 

Wat was jou oorspronklike rede vir jou bedanking?

Wanneer iemand jou 'n beduidende verhoging aanbied, kan dit 'n tydelike verblindende effek hê, en kan jy skielik vergeet waarom jy in die eerste plek bedank het. Maar om die vraag "Moet ek 'n teenaanbod aanvaar of nie?" te beantwoord, moet jy die aanvanklike redes oorweeg oor hoekom jy nou eintlik bedank het, soos byvoorbeeld:

  • Het jou huidige werkgewer jou swak behandel?
  • Het jy onoplosbare probleme met een of meer van die Spanlede?
  • Vereis jou huidige werkgewer meer van jou tyd as wat jy bereid is om te gee?

Wat ook al die rede vir jou bedankingsbesluit mag wees, oorweeg of ekstra geld die probleem sal regstel. 

Hou jy van die bestaande Maatskappykultuur?

Nog iets waaraan jy moet dink voordat jy 'n teenaanbod aanvaar, is of jy van die huidige Boerderykultuur hou. 

  • Voel jy dat jy inpas?
  • Is die algehele moraal positief of negatief?

Is jy tevrede met jou huidige verantwoordelikhede?

As jy die Maatskappykultuur geniet en die gedagte van 'n verhoging aantreklik is, oorweeg of jy tevrede is met jou huidige verantwoordelikhede.

  • Gee dit vir jou ‘n gevoel van vervulling en betekenis?
  • Sal jy tevrede wees om nog 'n paar jaar dieselfde werk te doen?

As jy nie eerlik die vrae kan antwoord nie, sal jy waarskynlik oor 'n paar weke of maande weer ander werk soek, al het jy die teenaanbod aanvaar. 

Sou jy bly, gaan die Maatskappy jou anders behandel? 

Ten slotte, moet jy die moontlikheid oorweeg dat die Boerdery waarvoor jy werk, jou moontlik anders kan behandel. Sodra jy jou werkgewer wys dat jy bereid en gereed is om te bedank, sal die werkgewer in alle waarskynlikheid 'n mate van vertroue in jou verloor. Dit kan 'n impak hê op alles in jou werk vorentoe, en moet jy ook bewus wees dat jou werkgewer jou 'n teenaanbod kan gee met die wete dat hulle jou sal vervang sodra hulle iemand kan vind wat gekwalifiseer is om jou Pos te vul. 

So, die vraag is: “Moet ek 'n teenaanbod aanvaar?”. Daar is nie ‘n reg of verkeerde antwoord op die vraag of jy 'n teenaanbod moet aanvaar of nie. Jy moet versigtig wees wanneer jy die besluit neem, sou jy 'n ander Pos aanvaar wat jy dink goed by jou sal pas, is dit waarskynlik 'n goeie idee om die nuwe Pos te aanvaar nadat jy die bogenoemde vrae eerlik beantwoord en oordink het.

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp