Wat is jou Bestuurstyl?

Wat is jou Bestuurstyl? picture

Wat is jou bestuurstyl?

Bestuurstyle wissel, maar elke bestuurstyl het dieselfde einddoel, om jou Boerdery se personeel en bedrywighede suksesvol te bestuur. Bestuurstyle word gedefinieer deur ‘n individu se beplanningsproses, besluitnemingsproses en werknemerbestuur benadering en sal bestuurservaring, jou persoonlikheid en spesialisgebied ‘n invloed op jou bestuurstyl hê.

Kom ons kyk na 10 tipe bestuurstyle, hoe hulle verskil in benadering en die voor- en nadele van elkeen. Hou egter in gedagte dat jou bestuurstyl waarskynlik uit meer as een van die volgende style sal wees, en kan die lys hieronder jou dalk help om jou volgende Plaasbestuurder se gewenste bestuurstyl beter te definieer om meer inlyn met jou bestuurstyl te wees.

1. Demokratiese Bestuurder

‘n Bestuurder wat 'n demokratiese benadering gebruik, is iemand wat gewillig en gretig is om insette van almal in die Boerdery te kry en besluite word geneem op grond van groepkonsensus eerder as op net een of twee mense.

Om demokrasie te bestuur sal werknemers vertroue gee, 'n gevoel van prestasie, “eienaarskap” en werktrots. As werknemers se mening gehoor word en oorweeg word, is hulle baie meer geneig om betrokke te bly en harder te werk. Met die demokratiese  bestuurstyl is dit onnodig om opdragte te gee of met 'n ysterhand hulle te bestuur. Demokratiese bestuurders glo werknemers kan hulself bestuur en is die bestuurder bloot 'n skeidsregter om seker te maak dinge beweeg in die regte rigting.

Alhoewel demokratiese bestuurders as goed vir die geheel beskou word, is hierdie bestuurstyl soms geneig om 'n bietjie te veel van die “stemstelsel” te verwag. Die nadele van die demokratiese bestuurstyl is dat besluite wat geneem word hoofsaaklik persoonlike maatskappy doelwitte is. Om alle besluite te neem op grond van insette van jou personeel is edel en inklusief, maar soms sal 'n Landboubestuurder 'n besluit moet neem sonder 'n stemming.

2. Outokratiese Bestuurder

Waar demokratiese bestuur betrokkenheid van die personeel vereis om besluite te neem, is die outokratiese bestuurstyl presies die teenoorgestelde. As 'n outokratiese bestuurder is jy die enigste een wat besluite neem en is “my manier of geen manier”. Hierdie diktator benadering klink dalk nie na die regte benadering nie, maar soms is dit baie nodig.

Swak bestuurde werksplekke is gewoonlik ‘n omgewing wat op alle vlakke nie optimum funksioneer nie, en is ‘n kundige outokratiese bestuurder presies wat nodig is om werknemers weer in lyn te bring en in lyn te hou deur 'n dissiplinêre stel reëls.

Outokratiese leierskap behels nie net strengheid of onbeskoftheid nie, trouens, die beste outokratiese bestuurders is geneig, na die “skoonmaak en afstof periode”, om te beweeg vanaf ‘n bulderende stem wat opdragte gee na iemand wat goeie resultate kry met 'n 'asseblief' en 'dankie'.

Die outokratiese bestuurstyl versuur gewoonlik verhoudings tussen werknemers en bestuur, kan negatiwiteit en personeelomset verhoog, en behoort hierdie bestuurstyl met groot versigtigheid benader en hanteer te word, in jou eie bestuurstyl en in jou personeel wat jy indiens neem.

3. Resultaat-gedrewe Bestuurder

Resultaat-gedrewe bestuurders streef na doeltreffendheid, en het min bekommernis oor hoe die werk gedoen word, solank die resultate bereik word. Hierdie bestuurstyl is ideaal vir bestuurders wat vinnig en doeltreffend werk. Binne hierdie struktuur het werknemers die vryheid om hul eie rigting en metodes te skep, is baie effektief in ‘n kantoor omgewing, maar werknemersverhouding en werkspoging word nie raak gesien nie.

4. Charismatiese Bestuurder

Volgende is die oorredende of charismatiese bestuurstyl. Hierdie bestuurstyl benadering is heeltemal gebou rondom ‘n persoonlikheid en sjarme - iets wat die landboubedryf goed ken!

Werknemers is geneig om meer samewerking te gee wanneer bestuurders tydens interaksie met die werkers charisma en persoonlikheid. As jy egter nie genoegsame besigheid-/landbouvaardighede het nie, sal persoonlikheid ‘bestuurder net sover kry en is ‘n mengsel van charisma en professionaliteit belangrik.

5. Samewerkende Bestuurder

Die samewerkende bestuurstyl is baie soortgelyk aan die demokratiese bestuurstyl, en verskil net van demokratiese styl op een manier: samewerkende bestuurstyl verlang terugvoer en strategieë insette van personeel, waar, soos vroeër genoem, die demokratiese bestuurstyl net eenvoudig ja of nee stemme oor die saak in neem.

Wanneer jy insette van jou personeel vra oor beleid en praktyke, kan jy dalk werklike, intelligente insette oor die verbetering van jou Boerdery kry. Hierdie benadering en bestuurstyl bemagtig werknemers en kan jou selfs help om 'n toekomstige leier onder jou werknemers te ontdek. 

Samewerkende bestuurstyl deel soortgelyke nadele as die demokratiese styl. Wanneer jy net terugvoer van jou personeel vra, verloor jy die geleentheid om vinnige, belangrike besluite op jou eie te neem, en is die bestuur van hierdie balans belangrik. 

6. Bestuurder deur Voorbeeld

Bestuur/Lei deur voorbeeld. As 'n Plaas- of Produksiebestuurder moet jy konsekwent 'n voorbeeld stel in die standaarde wat jy van jou personeel verwag. Bestuurders met hierdie bestuurstyl is verantwoordelik vir die skep van ‘n gemotiveerde werksomgewing en die voorbeeld in verwagtinge oor wat van werknemers verwag word. 

Bestuurder wat hierdie bestuurstyl bemeester het, vat voor saam met sy werkers en kom baie keer in die aand by die huis, vuiler as die werkers. Deur inisiatief te toon en om ' n gepaste voorbeeld te stel, is bestuurders wat deur voorbeeld lei baie suksesvol in hulle beroep, en sal die tipe bestuurder, op sy beurt, ‘n groot invloed hê op die sukses van jou Boerdery.

Daar is nie regtig enige nadele aan hierdie bestuurstyl nie, en is die enigste ware negatiewe die feit dat jy as bestuurder jou moue moet oprol en fisiese arbeid moet doen, en is dit nie ‘n groot prys om te betaal vir die gesonde moraal, gefokusde werksmag, lae personeelomset en verhoogde produksie wat jy in ruil terug kry nie.

7. Inspirerende Bestuurder

Om as 'n inspirerende bestuurder te lei, is nie so maklik soos dit mag klink nie. Alhoewel dit 'n moeilike bestuurstyl is om reg te kry, het inspirerende leiding bewys dat dit uiters effektief is.

Om werknemers te inspireer, moet 'n bestuurder uitstekende kommunikasievaardighede hê. ‘n Inspirerend bestuurstyl gaan alles oor kontak met jou werknemers en om uit te vind, deur ‘n proses, wat hulle hart laat klop. Inspirerende bestuurders het 'n begeerte om mense te wil help, en in hierdie geval is daardie mense die werknemers.

Nadele om as 'n inspirerende bestuurder te lei is, fokus is op werknemers en nie die Boerdery nie, bestuurders kan fokus verloor en selfsugtig raak, en as jy nie bereid is om gewig en emosionele bagasie van jou werknemers te help dra nie, is inspirerende bestuur nie ‘n opsie nie.

8. Bestuur deur Delegasie

Hierdie tipe bestuursbenadering maak staat op 'n enorme hoeveelheid vertroue in werknemers.

Bestuurders wat bestuur deur delegasie, mors nie tyd deur uitdagings of probleme self op te los nie of aan die mikro-bestuur van hul personeellede nie. Hierdie vryheid gee op sy beurt werknemers die waardering en mag om te werk soos hulle wil. Resultate toon meer dikwels as nie, dat werkers meer inisiatief toon en hang die bestuurstyl bestuur af van vertroue en 'n sterk kern personeel. Nadele van die bestuurstyl begin manifisteer wanneer werknemers hul outonomie as vanselfsprekend aanvaar en begin verslap.

9. Deelnemende Bestuurder

'n Deelnemende bestuurder is 'n spanspeler, en deur nederigheid, vertroue en harde werk het bestuurders wat hierdie deelnemende benadering neem 'n gevoel van gesag en orde inboesem, juis omdat hierdie bestuurstyl personeel aanmoedig om saam as ‘n span saam met die bestuurder te bestuur en kyk werknemers en personeel na hierdie bestuurders as hul gelyke.

Deelnemende bestuur is in baie dieselfde as Bestuur deur voorbeeld en sal fisies swaar weeg op die bestuurder, is ‘n doeltreffende manier om ‘n moraal te bou, maar is hierdie bestuurstyl dalk meer aanneemlik vir ‘n Plaasvoorman en nie ‘n Plaasbestuurder nie.

10. Strategiese Bestuurder

Strategiese bestuur fokus op die makro, die groter prentjie, en is die bestuurstyl gefokus op langtermyndoelwitte, en word min tot geen fokus in beslag geneem met die daaglikse operasionele bestuur van die Boerdery nie. Strategiese Bestuurders is meer geneig om spanlede en/of bestuurders toe te laat om belangrike take aan te pak, te bestuur en toesig te hou oor boerderyverantwoordelikhede.

Met die alledaagse werk wat deur die Strategiese Bestuurder se bestuurspan gedoen word, kan slegs gefokus word op projekte en planne vir die uitbreiding van die Boerdery.

Die nadele van hierdie bestuurstyl in nie noemenswaardig nie. As Strategiese Bestuurder kan jy die pad vorentoe identifiseer, jou risiko’s bestuur en implementering goed beplan terwyl jou bestuurspan die Boerdery se kleiner termyndoelwitte bestuur.

Deur van Plaasbestuurder.co.za se dienste gebruik te maak, word jy gewaarborg van gekwalifiseerde kandidate. Plaasbestuurder.co.za het 'n uitgebreide netwerk, kom vanuit en werk eksklusief in Landbou. Plaasbestuurder.co.za kan gekontak word via hul webwerf www.plaasbestuurder.co.za, per e-pos [email protected] of kontak Vernon direk by 082 779 7788 om jou behoeftes met hom te bespreek.

“Laat ons op jou personeelwerwing fokus sodat jy 100% op jou Boerdery kan fokus.”

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp