Ons is opsoek na Bestuursgepare vir die Plaasbestuurder.co.za CV Databank, en nooi ons individue wat aan die vereistes voldoen om die skakel onder die advertensie te volg om te registreer vir moontlike toekomstige geleenthede.
Die ideale Bestuursegpaar het uitgebreide kennis van Wildsplaas- en Hospitaliteitsbestuur, en kan goed saamwerk in spanverband met die vermoë het om die besigheid te bestuur met 'n eienaarskapmentaliteit.
Plaasbestuurder (Man)
Die ideale kandidaat het ‘n Landbou- of Natuurbewaringskwalifikasie (aanbeveel) en meer as 8 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n Wildplaas, Lodge, en Jag met gesonde kliënteverhoudings.
Bogenoemde gekoppel met jou sterk meganiese aanleg, sober gewoontes, geldige wapenhantering sertifisering, ‘n geldige bestuurslisensie met PDP, ‘n Beroepsjagter Sertifikasie en ondervinding in die bewaring van Fauna en Flora, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Lodgebestuurderes (Vrou)
Die ideale kandidaat het ‘n na-skoolse kwalifikasie (aanbeveel) en meer as 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n 5 stêr Lodge/Gastehuis/Hotel met gesonde kliënteverhoudings
Bogenoemde gekoppel met jou sterk rekenaarvaardigheid, fyn oog vir detail, ‘n geldige bestuurslisensie met PDP, ‘n en 'n fyn ingesteldheid vir kwaliteit met sterk leierseienskappe en persoonlikheid, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Registrasies word slegs deur die skakel (link) aanvaar