Debiteure en Krediteure

Debiteure en Krediteure

Ons is opsoek na Debiteure Krediteure Bestuurders/Klerke vir die Plaasbestuurder.co.za CV Databank, en nooi ons individue wat aan die vereistes voldoen om die skakel onder die advertensie te volg om te registreer vir moontlike toekomstige geleenthede.

Die ideale kandidaat het 'n passie vir Landbou, is ‘n BCom/BCom Rek gegradueerde, met voltooide SAIPA/SAIGR-artikels (aanbeveel) en 2 - 5 jaar ondervinding as Finansiële Beampte met werkende kennis van Debiteure en Krediteure.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou Rekenaarvaardig in Microsoft Office en rekeningkundige sagteware, eienaarskapmentaliteit, goeie kommunikasie- en organisatoriesevaardighede, detail ge-oriënteerd met sterk leierseienskappe, eerlikheid, betroubaarheid en hoë werksetiek met 'n positiewe ingesteldheid, sien ons uit na jou aansoek.

Basiese pligte:

  • Verantwoordelik vir algemene administratiewe pligte wat verband hou met debiteure en krediteure
  • Laai van debiteure en krediteure
  • Skep en uitreik van fakture
  • Maandelikse Rekonsiliasies
  • Maandelikse BTW verslae
  • Versoen betalings
  • Ondersoek alle navrae wat voortspruit uit die verwerking van debiteure en krediteure
  • Bestuur kliënterekeninge
  • Kontak debiteure oor betalingstatus
  • Lewer uitsonderlike kliëntediens
  • Liasseer en onderhou alle dokumentasie
  • Verleen ondersteuning aan die Finansiëlebestuurder
  • Enige ander ad hoc-pligte

Registrasies word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp