Ons is opsoek na Finansiëlebestuurders vir die Plaasbestuurder.co.za CV Databank, en nooi ons individue wat aan die vereistes voldoen om die skakel onder die advertensie te volg om te registreer vir moontlike toekomstige geleenthede.
Die ideale kandidaat het ‘n passie vir Landbou, is ‘n BCom/BCom Rek gegradueerde, met voltooide SAIPA/SAIGR-artikels en het ondervinding as Boekhouer of Finansiële Beampte met werkende kennis van Inkomstebelasting en BTW, asook rekeningkundige transaksies tot en met die opstel van finansiëlestate. Ondervinding in Landbou rekeningkundige praktyke en belasting sal in jou guns tel.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou Rekenaarvaardig in Microsoft Office en rekeningkundige sagteware, bo-gemiddelde onderhandelingsvermoë, analitiese vaardighede, eienaarskapmentaliteit, goeie kommunikasie- en organisatoriesevaardighede, detail ge-oriënteerd met sterk leierseienskappe, eerlikheid, betroubaarheid en hoë werksetiek met ‘n positiewe ingesteldheid, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Registrasies word slegs deur die skakel (link) aanvaar