Intensiewe Varkboerdery Produksiebestuurders

Intensiewe Varkboerdery Produksiebestuurders

Ons is opsoek na Intensiewe Varkboerdery Produksiebestuurders vir die Plaasbestuurder.co.za CV Databank, en nooi ons individue wat aan die vereistes voldoen om die skakel onder die advertensie te volg om te registreer vir moontlike toekomstige geleenthede.

Die ideale kandidaat het 'n toepaslike kwalifikasie (aanbeveel) met toepaslike ondervinding, is sterk rekenaarvaardig, op datum met die nuutste tegnologie.

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, uitstekende leiereienskappe, beplannings-, goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoƫ, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Die implementering van strategie
  • Daaglikse operasionelebestuur van die eenheid
  • Verseker dat produksieteikens bereik word
  • Kuddegesondheid
    • veegesondheid en -welsyn
  • Reproduksiebestuur
    • bestuur van die KI-proses
    • hitte-observasie
    • dragtigheidsbevestiging
  • Rantsoenbestuur
  • Vooraadbestuur
    • bestelling van voer, medisyne en ander verbruiksgoedere
    • voorraadbeheer
  • Bestuur 'n span personeel en verskaf opleiding wanneer nodig
  • Verseker voldoening aan regulasies en standaarde

Registrasies word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp