Ketelmakers

Ketelmakers

Ons is opsoek na Ketelmakers vir die Plaasbestuurder.co.za CV Databank, en nooi ons individue wat aan die vereistes voldoen om die skakel onder die advertensie te volg om te registreer vir moontlike toekomstige geleenthede.

Die ideale kandidaat is 'n Rooiseel gekwalifiseerde Ketelmaker (aanbeveel) met werkende ondervinding in algemene sweiswerk (moet baie goed kan sweis), strukturele staalwerk, asook die bou en herstel van pyptoebehore en implemente met die vermoë om ‘n verskeidenheid take vinnig en akkuraat af te handel.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk, netjies op self en werk, en jou vermoë om effektief onafhanklik te funksioneer met trots op jou werk, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Die vervaardiging, oprigting, herstel en instandhouding van strukture
  • Die oprigting, herstel en instandhouding van strukture en verwante infrastruktuur
  • Die vervaardiging en herstel van landbou-implemente
  • Bystanddiens en noodherstelwerk verrig soos nodig
  • Werksplek dissipline, netheid en standaarde handhaaf
  • Beroepsgesondheid en -veiligheid reëls nakom
  • Lees en interpretasie van Ingenieurstekening

CV registrasies word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp