Landbou Onderdelebemarkers

Landbou Onderdelebemarkers

Ons is opsoek na Landbou Onderdelebemarkers vir die Plaasbestuurder.co.za CV Databank, en nooi ons individue wat aan die vereistes voldoen om die skakel onder die advertensie te volg om te registreer vir moontlike toekomstige geleenthede.

Die ideale kandidaat het meer as 5 jaar kennis en ervaring in die verkope van Landbou-onderdele, het goeie administratiewe vermoë, is rekenaarvaardig, goeie kommunikasie vaardighede op alle vlakke van die organisasie met goeie interpersoonlike verhoudinge en analitiese vermoë.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, uitstekende verkoops- en bemarkingsvaardighede, tegniese/meganiese kennis (ideaal) en jou vermoë om effektief onder druk te kan funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Lewer uitstekende kliëntediens en bemarking
  • Verseker korrekte onderdele word verskaf
  • Kontanthantering
  • Voorraadbeheer en -opnames
  • Rakversorging en netheid
  • Administratiewe funksies
  • Opdatering van voorraaditems inligting op stelsel
  • Monitering van voorraadvlakke vir tydige voorraad aanvulling
  • Aanvraag van kwotasies
  • Kommunikasie met interne verbruikers

Registrasies word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp