Landboukundiges

Landboukundiges

Ons is op soek na bekwame Landboukundiges vir die Plaasbestuurder.co.za CV Databank, en nooi ons individue wat aan die vereistes voldoen om die skakel onder die advertensie te volg om te registreer vir moontlike toekomstige geleenthede.

Die ideale kandidaat het 'n verwante Tersiêre Landboukwalifikasie (vereiste) met meer as 5 jaar ondervinding as Landboukundige, 'n diepgaande begrip van plantwetenskap, grondgesondheid en landboupraktyke en is in staat om hierdie kennis te gebruik om effektiewe gewasbestuurstrategieë te ontwikkel.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, uitstekende waarnemings- en analitiese vaardighede, vaardig in die gebruik van landbousagteware en -tegnologie, sterk skriftelike en verbale kommunikasievaardighede en jou uitstekende menseverhoudinge, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Voer gereelde veldinspeksies uit om gewasgesondheid te assesseer en siektes of plae te identifiseer
  • Voorsien tegniese advies oor gewasverbouing, besproeiing, plaagbeheer en oes
  • Doen navorsing en eksperimente om oesopbrengs en kwaliteit te verbeter
  • Berei gedetailleerde verslae op oor gewasgroei en oesopbrengs
  • Ontwikkel en implementeer strategieë vir grondbestuur en wisselbou
  • Bly op hoogte van vooruitgang en tendense in landbouwetenskap
  • Werk saam met landboumaatskappye en ander rolspelers om landboupraktyke te verbeter

CV registrasies word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp