Lodgebestuur

Lodgebestuur

Ons is opsoek na Lodgebestuurders vir die Plaasbestuurder.co.za CV Databank, en nooi ons individue wat aan die vereistes voldoen om die skakel onder die advertensie te volg om te registreer vir moontlike toekomstige geleenthede.

Die ideale kandidaat het ‘n na-skoolse kwalifikasie (aanbeveel) en ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n 5 stêr Lodge/Gastehuis/Hotel met gesonde kliënteverhoudings

Bogenoemde gekoppel met jou sterk rekenaarvaardigheid, fyn oog vir detail, ‘n geldige bestuurslisensie met PDP, ‘n en 'n fyn ingesteldheid vir kwaliteit met sterk leierseienskappe en persoonlikheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Voorhuispligte
  • Kamerkontroles
  • Personeelopleiding
  • Aankope en verkryging
  • Drank- en voedselvoorraadbeheer
  • Onderhandel met verskaffers
  • Koördinering van dag-tot-dag Lodge aktiwiteite en pligte
  • Kommunikasie van gaste se behoeftes en spesiale versoeke
  • Die handhawing van 'n hoë diensetiek en standaard
  • Help met die implementering en instandhouding van stelsels en prosedures
  • Bestuur van lodge-inventarisse
  • Kombuisbestuur
  • Optree as Gasheer en Ambassadeur van die Lodge

Registrasies word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp