Ons is opsoek na Menslike Hulpbronbestuurders vir die Plaasbestuurder.co.za CV Databank, en nooi ons individue wat aan die vereistes voldoen om die skakel onder die advertensie te volg om te registreer vir moontlike toekomstige geleenthede.
Die ideale kandidaat het 'n toepaslike Tersiêre Kwalifikasie in Menslike Hulpbronne met ondervinding as Menslike Hulpbronbestuurder, bewese ervaring in Arbeidsverhoudinge in ‘n vakbond georganiseerde omgewing en ervaring van organisasie ontwikkeling.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou professionele kommunikasie- en taalvaardighede, gevorderde rekenaarvaardighede en menslike hulpbronne stelsels, positiewe ingesteldheid, sterk leierseieinskappe, finansiёle en begroting bestuur, goeie beplanning, besluitneming en organisering vaardighede, strategiese besigheidsbestuur, goeie onderhandelingsvermoё, projekbestuur, verslaggewing, vergoedingstelsels en praktyke, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Ontwikkeling en implimentering van die Menslike Hulpbronne strategie, beleid en praktyk om die Boerdery se besigheidsdoelwitte te bereik
- Bestuur personeel binne Menslike Hulpbronne afdeling
- Bestuur van finansies van die Menslike Hulpbronne afdeling
- Ontwikkel en bestuur die menslike hulpbronne strategie vir die Groep
- Lewer menslike hulpbron gerigte ondersteuning en advies aan bestuur en die groep, wat insluit tendense en ontwikkeling van MHB en beste praktyke
- Organisasie ontwikkeling
- Kollektiewe bedinging op vloervlak en formele platvorms soos bedindingingsrade
- Verseker voldoening aan alle arbeidsverhoudinge en menslike hulpbron verwante wetgewing en regulasies
- Die effektiewe funksionering van die vergoedingstelsel en menslike hulpbronne administrasie
- Motiverende en positiewe ingesteldheid teenoor personeel
- Entoesiastiese interne opleiding vir personeel aanbied en akkurrate rekordhouding en dokumentering daarvan
- Identifisering van leemtes in praktyk en optrede daarvolgens om leemtes/tekorte aan te spreek
- Prioritisering van verskeie belangrike pligte
- Om effektief onder druk te funksioneer wanneer dit vereis word
Registrasies word slegs deur die skakel (link) aanvaar