Werkswinkelbestuurders

Werkswinkelbestuurders

Ons is opsoek na Werkswinkelbestuurders vir die Plaasbestuurder.co.za CV Databank, en nooi ons individue wat aan die vereistes voldoen om die skakel onder die advertensie te volg om te registreer vir moontlike toekomstige geleenthede.

Die ideale kandidaat is 'n gekwalifiseerde Dieselwerktuigkundige met bewese Werkswinkelbestuur en meganiese- (Diesel) sowel as algemene-instandhouding agtergrond van Plaasvoertuie, -werktuie, -implemente.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou rekenaarvaardigheid, bo-gemiddelde kommunikasievermoë, eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk, jou vermoë om onafhanklik te funksioneer en op jou voete te kan dink, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Werkswinkel- en Operasionelebestuur
    • Effektiewe bestuur van die afdeling
    • Werkskaartbestuur
    • Bestuur van onderdelevoorraad en bestellings
    • Monitering en koördinering van voertuig dienste
    • Verantwoordelik vir jaarlikse padvaardigheid op trokke en waens
    • Verantwoordelik vir lisensiëring van alle voertuie
    • Beroepsveiligheidbestuur
    • Alle gereedskap en toerusting beheer en bestuur
    • Verslagdoening en ondersoeke
    • Prioritiseer van daaglikse take
    • Kwaliteitsbestuur en -administrasie
    • Personeelbestuur
    • Algemene administrasie en rekordhouding
    • Ad hoc-take
    • Netheid in en om die Werkswinkel
  • Diens, instandhouding en herstel van trekkers, trokke, bakkies, en ander plaastoerusting
  • Verseker dat alle toerusting diensbaar is ten alle tye
  • Bystanddiens oor naweke en na-ure
  • Om alle dag tot dag take deeglik, netjies en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning,

CV registrasies word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp