Wildplaasbestuurders
Ons is opsoek na Wildplaasbestuurders vir die Plaasbestuurder.co.za CV Databank, en nooi ons individue wat aan die vereistes voldoen om die skakel onder die advertensie te volg om te registreer vir moontlike toekomstige geleenthede
Die ideale kandidaat het ‘n Landbou- of Natuurbewaringskwalifikasie (aanbeveel) en ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n Wildplaas, Lodge, en Jag met gesonde kliënteverhoudings.
Bogenoemde gekoppel met jou sterk meganiese aanleg, sober gewoontes, geldige wapenhantering sertifisering, ‘n geldige bestuurslisensie met PDP, ‘n Beroepsjagter Sertifikasie en ondervinding in die bewaring van Fauna en Flora, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Effektiewe bestuur van die Wildplaas
- Algemene Instandhouding
- Effektiewe arbeidsbenutting
- Brandbestuur en -voorkoming
- Plaassekuriteit en -netheid
- Infrastruktuur instandhouding
- Bestuur van indringerplante
- Voedingsbestuur
- Ontvang van Gaste
- Uitneem van Gaste op wildbesigtiging uitstappies en ritte
- Uitneem van Jagters op Jagte
- Verwerking en afslag van karkasse
- Optree as Gasheer en Ambassadeur van die Plaas
- Rekordhouding en Verslagdoening
Registrasies word slegs deur die skakel (link) aanvaar
Customer reviews
No reviews yet.