Aanlegoperateur: Diamante
Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese boerdery met belange in 'n myn in die Sendelingsdrif-distrik in die Richtersveld, is op soek na ’n praktiese, veiligheidsbewuste diamantaanleg-sifoperateur om daaglikse sifbedrywighede te ondersteun en ook met instandhouding, "breakdowns" en vervaardigingsherstelwerk.
Die ideale kandidaat is 'n semi-geskoolde ketelmaker/dieselwerktuigkunde met bewese ondervinding binne 'n myn-/verwerkingsaanleg, sterk sweisblootstelling met praktiese herstelvermoë, bevoeg met hand- en kraggereedskap (slypmasjiene, bore, snytoerusting) en mobiele "screens" (veral Finleys).
Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou bereidheid om skofte/uitgebreide ure te werk, sterk veiligheidsingesteldheid, aandag aan detail en die vermoë om prosedures te volg, sien ons uit na jou aansoek.
Kernverantwoordelikhede
- Aanlegbedrywighede
- Bedien en monitor sif-toerusting (siwwe, vervoerbande, toevoer)
- Doen voor-aanvang inspeksies en verseker toerusting is gereed vir werking
- Monitor sifprestasie (verstoppings, slytasie, oor-/ondergrootte beheer) en neem regstellende aksie
- Handhaaf ’n konstante toevoertempo en korrekte materiaalvloei om herwinning en deurset te optimaliseer
- Voltooi skofverslae, logboeke en basiese produksie-/instandhoudingsrekords
- Handhaaf goeie huishouding en voldoen aan alle veiligheidsvereistes
- Herstel en Instandhouding
- Herstelwerk en instandhouding op siwwe, vervoerbande en aanlegstrukture
- Herstel en instandhouding van grondverkuiwingstoerusting
- Sweis- en herstelwerk
- "Breakdown" reaksie en beplande instandhouding
- Identifiseer foute vroegtydig
- Handhaaf ’n veilige, netjiese werksarea en behoorlike gereedskapbeheer
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 23 Februarie 2026
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.